Die jaarlikse o.16-rugbyfees wat deur Paarl Gimnasium aangebied word, sal voortaan as die Jean de Villiers o.16-rugbyfees bekend staan. Die gewese Springbok-kaptein, Jean de Villiers, is 'n oud-leerling van die skool. Die land se voorste o.16-skolespanne trek jaarliks in die Paarl saam om mekaar die stryd aan te sê.
De Villiers het tussen sy toetsbuiging in 2002 en sy uittrede in 2015 die Bokke in 109 toetse verteenwoordig. Hy het in sy matriekjaar in 1999 die Westelike Provinsie se Akademie-span op die Cravenweek verteenwoordig, maar steeds weens 'n rits blink vertonings daarin geslaag om in die Suid-Afrikaanse Skole-span opgeneem te word.
Die o.16-fees sou vanjaar vir die 28ste keer deur Paarl Gimnasium aangebied gewees...