Cheetahs vang groot vis - Goosen tot 2012 in Bloemfontein

Een van die groot sterre op vanjaar se Cravenweek-toernooi vir hoërskole hier in die Noordwes-stadion, Johan Goosen, het besluit om ’n kontrak met die Cheetahs te sluit.
Die Suid-Afrikaanse skole-losskakel sal volgens sy agent, Jan-Harm van Wyk, minstens tot aan die einde van 2012 sy rugby in Bloemfontein speel.
Goosen het die nasionale o.18-span reeds verlede jaar verteenwoordig en het in die Vrystaat se eerste wedstryd hier teen Grens gewys dat hy as ’n betroubare stelskopper ewe opwindend op die aanval is.
Goosen se besluit is uitstekende nuus vir die Cheetahs wat die afgelope drie jaar losskakels van gehalte soos Willem de Waal, Lionel Cronjé (albei Westelike Provinsie) en Jacques-Louis Potgieter (Blou Bulle) verloor het.
Van Wyk...

Read more: Cheetahs vang...

Grey PE kan hom teen stutfaktor vasloop

Grey-kollege se stutfaktor van meer as 450kg voorspel vandag yslike probleme vir Grey Boys’ High School (Grey PE) se eerste rugbyspan.

Die span van Bloemfontein se vier stutte, Stephan Kotze (116 kg), Stephan Pretorius (110 kg), Schalk van der Merwe (104 kg) en Marcel van der Merwe (128 kg), is nog nie vanjaar in trurat gedruk nie. Die viertal is ook oorgehaal om die besoekers vandag hier in die skrums te karnuffel.

Kotze draf volgende week vir die Suid-Afrikaanse Skole-span uit, terwyl...

Read more: Grey PE kan hom...

Geen keer aan Grey-span

HA-OOH! Ha-ooh! Ha-ooh! Soos die krygers van Sparta kan Grey-kollege daarop aanspraak maak om feitlik onstuitbaar op hul gebied te wees. Grey se eerste rugbyspan het met sy oorwinning van 59-5 oor Louis Botha gewys dat hy nie maklik vanjaar gestuit gaan word nie.
Die verloorspan het egter met eer uit die stryd getree. Hy het self op ’n tyd 5-0 voorgeloop en rustyd ’n agterstand van 5-19 gehad. Die wenspan was egter net te fisiek en het nader aan die einde van die wedstryd die krane behoorlik...

Read more: Geen keer aan...

Van vyfde span tot Cravenweek

’n Slot van Grey-kollege se vyfde rugbyspan, Lindokuhle Nyembe, is vandeesweek op verrassende wyse in die Suid-Afrikaanse Akademie-span ingesluit. 

Tot voor vandeesweek se nasionale Akademieweek in Pretoria, was Nyembe nie juis ’n speler waarvan kennis geneem is nie. 

Nou het hy skolespelers aan die praat. 

As ’n bonus moes Nyembe verneem dat hy sy tasse moet pak aangesien hy ook van 13 tot 18 Julie in Oos-Londen aan die Cravenweek vir hoërskole deelneem. 

Die sekretaris...

Read more: Van vyfde span tot...

Louis Botha and Fichardtpark to play with the big boys next year

LOUIS BOTHA and Fichardtpark will partake in the Free State A1-league next year. Both team took part in die B1-league this year with Louis Botha being crowned champions of the league with a 33-9 victory over Sand du Plessis in the final at Shimlapark in Bloemfontein.

Both teams will face Grey College and the Cherries in the league next year. The Cherries are Grey College's second team. The Free State high schools' rugby association assigned Pieter Swanepoel, headmaster of Brandfort, to look...

Read more: Louis Botha and...
X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.