NewsGMontana

Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch is die eerste kampioen van die Hoërskole Sewesreeks. 

Die span van die Eikestad het Saterdag op Camp Discovery net noord van Pretoria vir Waterkloof met 21-17 in die eindstryd verslaan om met die kroon weg te stap. Daar was nie veel tussen die twee spanne te kies nie. 

Paul Roos moes ook hard werk om in sy halfeindstryd vir Montana van Pretoria met 19-14 te klop. Daar was na gewone speeltyd met die telling op 14-elk niks tussen die twee spanne te kies nie. Montana het amper eerste bloed in die drie minute ekstra speeltyd geruik wat die span tot die eindstryd sou laat deurdring. Paul Roos het geen tyd gemors nie en dadelik 'n aanval geloots en die bal wyd tot by Remey Engelbrecht gekry...

Read more: Paul Roos beste...

HendrikJvanRensburg

Na 12 jaar en meer as ‘n half miljoen eposse as sekretaris van die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) sal Hendrik Janse van Rensburg vandag tydens die vereniging se jaarvergadering in Kaapstad die tuig neerlê.

Janse van Rensburg het sedert 2005 die pos beklee en het ook vir 20 jaar op Oostelike Provinsie se Skolerugby-vereniging se bestuur gedien. Hy sal steeds in sy pos as adjunkhoof van Sunridge in Port Elizabeth aanbly.

Daar is drie nominasies vir Janse van...

Read more: Janse van...

VirsekerBekerlogo

 

Die bepalings van die Virsekerbeker Plaat-afdeling is (tuisspanne eerste vermeld): 

Saterdag, 12 Mei 2018

Marais Viljoen vs Zwartkop
Eldoraigne vs Middelburg
Rustenburg vs Montana

Saterdag, 19 Mei 2018

Noordheuwel vs Marais Viljoen
Zwartkop vs Eldoraigne
Kempton Park vs Montana

Saterdag, 26 Mei 2018

Middelburg vs Marais Viljoen
Eldoraigne vs Kempton Park
Zwartkop vs Rustenburg

Saterdag, 2 Junie 2018

Noordheuwel vs Eldoraigne
Montana vs Marais Viljoen
Kempton Park vs Zwartkop...

Read more: Virsekerbeker...

High School 7s Champions

Vir die eerste keer sedert 2012 sal daar weer vanjaar ‘n nasionale sewes-kampioen vir skole gekroon word.

Die Hoërskole Sewes-reeks se Kampioen van Kampioene-toernooi vind Vrydag en Saterdag op Camp Discovery net Noord van Pretoria plaas. Al die kampioene van die reeks se 11 toernooie, buiten Louis Botha van Bloemfontein, sal in die Kampioen van Kampioene-toernooi in aksie wees.

Onder die vroeë gunstelinge tel Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch, Glenwood van Durban, Durban...

Read more: Wie gaan...

VirsekerBekerlogo

Skolerugby-ondersteuners noord van die Vaalrivier kan hulle gereed maak vir die mees opwindende skolerugby-seisoen sedert 1997.

Die nuwe indeling van die Virsekerbeker (voorheen Beeldtrofee) sal sonder twyfel sorg dat die 2018-seisoen een vir die boeke sal wees. Daar was ook lanklaas 'n strawwer kompetisie beplan as die Bekerafdeling van die Virsekerbeker.    

In 1997 het die Ford en Beeld Super 12-reeks tot stand gekom. Die kompetisie staan deesdae as die Tuks-reeks bekend...

Read more: Virsekerbeker...