Hans Moore kampioen van die NWU-Pukke Sport-reeks

Written by Hannes Nienaber

NewsGHansMooreKamp2019 School of Rugby | Hans Moore kampioen van die NWU-Pukke Sport-reeks - School of RugbyHans Moore van Benoni is die nuwe kampioen van die NWU-Pukke Sport-reeks. 

Die span van Benoni het Saterdag vir Florida met 19-14 in die eindstryd van die reeks op die velde van Dr. Malan in Meyerton verslaan. 

Dit was veral die vleuel Lucas Mdudli wat Florida agterlangs behoorlik laat bontstaan het. Hy het ook daarin geslaag om twee keer 'n draai agter Florries se doellyn te maak. 

Voorlangs het die groot en sterk vaskopstut, André Gouws, sake vir Florida moeilik gemaak. Die kantman Wian Faurie verdien ook 'n klop op die skouer vir sy vertoning vir die kampioene. 

Puntemakers: 

Hans Moore 19 - Drieë: Lucas Mdudli (2), André Gouws. Doelskoppe: Alexander Badenhorst (2). Florida 14

Hoërskool Alberton 17 (9) - Drie: Eddie Lessing. Strafdoele: Damion Holl (4). Secunda 17 (12)

Ander spanne: 

Eerstespanne: Bastion 38, Hartbeespoort 0; Birchleigh 31, Hoogenhout 12; Linden 19, Driehoek 3.

o.16: Dr. Malan 33, Hoogenhout 15 (eindstryd); Secunda 33, Hartbeespoort 8; Florida 45, Linden 19; Brits 38, Hans Moore 14; Driehoek 15, Alberton 12; Birchleigh 24, Standerton 14.

o.15: Florida 52, Birchleigh 7 (eindstryd); Dr. Malan 7, Secunda 0; Hans Moore 21, Driehoek 17; Brits 17, Alberton 7; Hoogenhout 18, Bastion 10; Standerton 19, Hartbeespoort 17.

o.14: Hans Moore 35, Hoogenhout 0 (eindstryd); Dr. Malan 12, Florida 10; Secunda 45, Standerton 5; Alberton 45, Driehoek 0; Brits 5, Bastion 0; Linden 10, Hartbeespoort 5.

[powr-comments id="eca41bfe_1555244470412"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.