Nuwe kampioen sal vanjaar in Puk Prestige-reeks gekroon word

Written by Hannes Nienaber

NewsGNoordheuwel School of Rugby | Nuwe kampioen sal vanjaar in Puk Prestige-reeks gekroon word - School of RugbyDaar sal vanjaar 'n nuwe kampioen in die NWU-Pukke se Prestige-reeks gekroon word.

Die verdedigende kampioen, Hoërskool Lichtenburg, het sy rieme met 34-40 teen die Hoërskool Middelburg in die kwarteindronde in Pretoria styfgeloop. Middies sal in die halfeindronde teen Noordheuwel van Krugersdorp te staan kom.

Die span van Middelburg se losskakel, Ricardo Schonfeldt, het 25 van sy span se punte via 'n drie, vier doelskoppe en vier strafdoele aangeteken. Middies se kaptein en agtsteman, Rowane Skosana, het egter danksy 'n skitterende vertoning met die toekenning as Speler van die Wedstryd weggestap. 

Nories het behoorlik in sy kwarteindstryd teen Potchefstroom Gimnasium op die Moovallei Sportgronde in Potchefstroom gesweet om uiteindelik met 29-28 as oorwinnaars van die veld te stap.

Gimmies het teen lemoentyd 'n stewige voorsprong van 21-0 geniet. Die span Krugersdorp kon met vier minute se speeltyd oor 'n voorsprong 29-21 geniet.

Die verloorspan se loskopstut, Dewald van der Westhuizen en flank Jano Brand het  voorlangs goed vertoon. Agterlangs het die heelagter, Monré Stafford, sy beste vertoning van die seisoen sover opgedis. 

In die ander halfeindstryd sal Wesvalia van Klerksdorp en Jeugland van Kempton Park sake uitspook om 'n plek in die eindstryd. Wesvalia het vir Heidelberg Volkskool met 32-28 in die kwarteindronde getroef. Volkies het vanjaar as nuweling 'n groot impak op die reeks gemaak. 

Jeugland het vir Potchefstroom Volkskool in hulle kwarteindstryd met 33-22 verslaan. Dit was 'n klipharde stryd tussen die twee spanne. Die skrumskakel, Alwyn van Niekerk, en flank Darren van Wyk het albei puik vertonings vir die wenspan opgedis.  

Puntemakers: 

Hoërskool Middelburg 40 - Drieë: Rowane Skosana (2), Smiley Mosia, Ricardo Schonfeldt. Doelskoppe: Schonefldt (4). Strafdoele: Schonfeldt (4). Lichtenburg 34 - Drieë: Ruben Oosthuizen (2), Aubrey Reynecke, Casper Claassen. Doelskoppe: Francois Swanepoel (4). Strafdoele: Swanepoel (2).

Wesvalia 32 - Drieë: Zander Bezuidenhout, Jason Nel, Brendon de Bruyn, Ulrich Swanepoel. Doelskoppe: Brendon de Bruyn (3). Strafdoele: De Bruyn (2). Heidelberg Volkskool 28 - Drieë: Richard Muller, Henco Storm, Renzo Dames, Frederick Malgas. Doelskoppe: Morgan Fourie (4).

Noordheuwel 29 (0) - Drieë: Hanno Labuschagné, Juan Nieuwenhuizen, Mpho Makata, Boela Vermaak, Sergio Moreira. Doelskoppe: Nieuwenhuizen (2). Potchefstroom Gimnasium 28 (21) - Drieë: Keenan Twigge (2), Daniël Kotze, Billy Jacobs. Doelskop: Coenie Dreyer. Strafdoele: Dreyer (2).

Jeugland 33 - Drieë: Heinie Flooks, Darren van Wyk, Hugo Marais, Chris du Plessis, Alwyn van Niekerk. Doelskoppe: Du Plessis (4). Potchefstroom Volkskool 22 - Drieë: Wikus Marais (2), Muller Steenkamp, JJ Alberts. Doelskop: Stephan van Niekerk.

Montana 54 - Drieë: Stefan Tolmay (3), Jooste Nel (2), Franco Stassen, Nathan Mattheus, Ronan Gamble. Doelskoppe: Rust Nieman (6), Gamble. Oosterlig 0.

Die Anker 34 - Drieë: Brandon Smith (2), Branden O'Neill, Christian Janse van Rensburg, Corbin Cullum. Doelskoppe: Corné Mulder (3). Strafdoel: Mulder. HTS Witbank 20.

Marais Viljoen 35 - Drieë: Renaldo Turner (2), Rehan le Maitre, Anru Pienaar, Ronan Bernard. Doelskoppe: Le Maitre (5). Zwartkop 24 - Drieë: Janico van Rensburg (2), Raymond Dodd (2). Doelskoppe: Enzo Henning, Dieter Groenewald.

Hugenote (Springs) 35 - Drieë: Nico Potgieter (2), Jared Viljoen, Liam Brooks, Adriaan Bezuidenhout. Doelskoppe: Derik Bierman (5). Randburg 19 - Drieë: Marco Botha, Marco Tredoux, Jayden Petrus. Doelskoppe: Diego Schwartz (2).

Ander spanne: 

o.16: Zwartkop 40, Marais Viljoen 9; Noordheuwel 56, Potch Gimmies 10; Die Anker 17, Potch Volkies 15; Heidelberg Volkies 34, Middelburg 0; Montana 43, HTS Witbank 5; Hugenote 26, Wesvalia 15; Jeugland 14, Oosterlig 10; Lichtenburg 35, Randburg 0.

o.15: Noordheuwel 16, Die Anker 12; Zwartkop 19, Lichtenburg 0; Middelburg 52, Hugenote 0; Wesvalia 19, Marais Viljoen 17; Montana 57, Potch Volkies 3; Potch Gimmies 45, HTS Witbank 21; Oosterlig 24, Jeugland 7; Heidelberg Volkies 26, Randburg 0.

o.14: Jeugland 33, Noordheuwel 5; Middelburg 36, Heidelberg Volkies 5; Marais Viljoen 36, Wesvalia 3; Montana 29, Potch Volkies 5; Zwartkop 31, Hugenote 12; Die Anker 34, HTS Witbank 19; Oosterlig 29, Potch Gimmies 17; Lichtenburg 29, Randburg 0.

[powr-comments id="e477d0ba_1555235011324"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.