Warm rugby vir koue Bethlehem in eerste ronde van Griffon-liga voorspel

Written by Hannes Nienaber

NewsGKekeMorabe School of Rugby | Warm rugby vir koue Bethlehem in eerste ronde van Griffon-liga voorspel - School of RugbyDit is nou wel die eerste ronde van die Griffon-liga, maar wil Voortrekker van Bethlehem sal sy wedstryd op sy tuisveld teen Goudveld-Hoërskool soos 'n eindstryd wees. 

Die wedstryd word regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai. 

Die Trekkers sal indien hy die knie in die wedstryd buig die moeilike taak hê om Diamantveld in Kimberley te gaan klop indien hy nog 'n kans wil staan om later vanjaar in die uitspeelwedstryde van die Wesgrow-reeks in aksie te wees.  

Goudveld het verlede jaar se kampioen op eerstespanvlak Diamantveld met 21-12 tydens die Fichardtpark Sportdag afgestof. Voortrekker was verlede jaar die algehele rugbykampioen van die Wesgrow-reeks. 

"Ons benader hierdie as 'n eindstryd. Indien ons nie wen nie sal ons Diamantveld in Kimberley moet klop om onder die boonste twee spanne in ons groep te eindig," het Christiaan Gouws, afrigter van die Trekkers gesê. 

Goudveld se afrigter, Frans Crous, is tevrede met hoe sy span bymekaar gekom het tydens die jaarlikse Twizza Glenwood Rugbyfees in Durban. Gouties se span moes in Maart afskeid van hul flank Handri Eloff neem wat in 'n motorongeluk gesterf het.

Die verdedigende kampioen van die Griffon-liga, Welkom Gimnasium, sal aanslag om sy titel in die moeilikste plek moontlik in Bethlehem teen Witteberg afskop.

Daar is reën vir Saterdag in Bethlehem voorspel wat Gimmies se oop styl van rugby kan belemmer. Boonop lê daar reeds kapok op die Maluti-berge wat 'n koue dag in die Riemland voorspel. 

Gimmies se SA Skole-agtsteman, Keke Morabe, sal deur Witteberg hok geslaan moet word indien hulle 'n kans wil staan om vir 'n opskudding te sorg. Morabe was onlangs vir die Wêreld Skole XV-tal tydens die Wêreld-skolefees in Stellenbosch in aksie.

Gimmies het tydens die skoolvakansie slegs 'n vriendskaplike wedstryd teen Transvalia van Vanderbijlpark gespeel. Gimmies was met 44-22 baas. Witteberg was op die Mauritz Hansen-week in Naboomspruit in aksie. Die Wittes se enigste nederlaag tydens die week was op die tweede dag teen die uiteindelike kampioen, Oos-Moot (7-17).

Witteberg het in sy ander twee wedstryde die Rooikatte (28-14) en Lydenburg (40-24) verslaan. Gimmies sal verskoon word indien hulle dink hulle sien dubbeld met Witteberg se middelveld wat deur die Van Rensburg-tweeling, Lourens en Niel, beman sal word. 

Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad reis na Virginia waar hulle teen Hentie Cilliers te staan sal kom. Rooiskool sal die liga op 'n goeie voet wil afskop na hy sy tydens sy toer na George teen Die Anker van Brakpan (0-12) en Brandwag van Benoni (7-26) die knie moes buig. 

Die spanne is: 

Voortrekker vs Goudveld-Hoërskool om 13:30 in Bethlehem: 

Voortrekker: 15 Jan du Toit, 14 Xavier Adams, 13 Frans Postma, 12 Duncan Amsterdam, 11 Peter Mofekeng, 10 Cammy Roux, 9 Eddie Jackson, 8 Justin Kritzinger, 7 Estian Louw, 6 JP Bertram, 5 Warren Louw, 4 Steyl Barnard, 3 Kamshen Moss, 2 Bjorn Steinhobel, 1 Janco Volschenk. 

Goudveld-Hoërskool: 15 Jacquin Bailey, 14 Christopher Gerber, 13 Jaco Weideman, 12 Dylan Smith, 11 Charl Pietersen, 10 JC Allan, 9 Marco Weideman, 8 Jubaren Adriaan, 7 Jean Wilken, 6 Neil Harmse, 5 Rian Olivier, 4 Heinricht Cloete, 3 Eckhard Malan, 2 JP Knoesen, 1 Alistair O'Brien. 

Skeidsregter: Marius Bonthuys. 

Witteberg vs Welkom Gimnasium om 13:30 in Bethlehem: 

Witteberg: 15 Fernando Galandt, 14 Rosco Ruiters, 13 Lourens van Rensburg, 12 Niel van Rensburg, 11 Mpho Ntsutle, 10 Du Toit van Huysteen, 9 Tshepiso Mzizi, 8 Ruan Strydom, 7 Ryno Oosthuizen, 6 Marnus Nel, 5 Givestro Argentino, 4 Christo van Deventer, 3 Hardus Myburgh, 2 Philleo Lodewyk, 1 Christiaan van Deventer. 

Welkom Gimnasium: 15 Marchall Andrews, 14 Morné Mastriet, 13 Jaime Heynes, 12 Keith van Aswegen, 11 Marno April, 10 Bennie Human, 9 Jaco Theron, 8 Keke Morabe, 7 Christo Steyn, 6 Mackniel Matthews, 5 Husayn Banzi, 4 Tandikaya James, 3 Franco-Lee Ceaser, 2 Martley Bayman, 1 Johan Pretorius. 

Skeidsregter: Jacques Nel. 

Hentie Cilliers vs AHS Kroonstad om 12:30 in Virginia: 

Hentie Cilliers: 

AHS Kroonstad: 15 Zehan Westraadt, 14 Diaan Jordaan, 13 Morné du Plessis, 12 Zane Booyens, 11 Thatu Matsebu, 10 Joos Theron, 9 Zander Pelser, 8 Hanu Visagie, 7 Henru Hattingh, 6 Franna van Niekerk, 5 Jamie van Wyk, 4 Jaco Peters, 3 Christiaan Welgemoed, 2 Tian Brits, 1 Reon Vosloo. 

Die volgende wedstryde word regstreeks op Trekker TV en Goutie TV op DigiTV.co.za uitgesaai: 

13:30o.19AVoortrekker vs GoudveldDigiTVStacked1 School of Rugby | Warm rugby vir koue Bethlehem in eerste ronde van Griffon-liga voorspel - School of Rugby
12:15 o.16A Voortrekker vs Goudveld DigiTVStacked1 School of Rugby | Warm rugby vir koue Bethlehem in eerste ronde van Griffon-liga voorspel - School of Rugby
11:00 o.19B Voortrekker vs Goudveld DigiTVStacked1 School of Rugby | Warm rugby vir koue Bethlehem in eerste ronde van Griffon-liga voorspel - School of Rugby
10:00 o.15A Voortrekker vs Goudveld DigiTVStacked1 School of Rugby | Warm rugby vir koue Bethlehem in eerste ronde van Griffon-liga voorspel - School of Rugby
09:00 o.14A Voortrekker vs Goudveld DigiTVStacked1 School of Rugby | Warm rugby vir koue Bethlehem in eerste ronde van Griffon-liga voorspel - School of Rugby

[powr-comments id="c6c69ab8_1554461654387"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.