Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies

Written by Hannes Nienaber

NewsGStellenberg School of Rugby | Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies - School of RugbyDie Hoërskool Stellenberg sal inspirasie uit sy nuutste Blitsbok, Angelo Davids, se insluiting in die Blitsbokke se span vir die naweek se toernooi in Hong Kong. Die Jade Brigade pak om 11:55 vir Brackenfell en die interskole se wedstryde word ook regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai.  

Die twee kommentators vir die hoofwedstryd sal Stellies se beseerde kaptein en flank, Karo van der Westhuizen en die beseerde losskakel, Nivan Petersen, wees. Van der Westhuizen se leierskap en Petersen se kalmte en skeppende spel as generaal beteken sat albei spelers se teenwoordigheid op die veld gemis sal word. 

Die laaste keer wat Brakkies daarin kon slaag om Stellenberg om te dop was in 2016 toe hulle met 16-15 baas was. Stellenberg se voorspeler-afrigter, Corné Kannenmeyer, was toe nog Brackenfell se breier. Interresant is dat Angelo Davids albei sy span se drieë in die nederlaag gedruk het. 

Stellenberg het 'n moeilike maand wat voorlê. Die span sal in die volgende vier weke in agt wedstryde in aksie wees. Buiten die kragmeting teen Brackenfell lê Wynberg Boys' High volgende week op die Jade Brigade en wag. Daarna sal die span in drie wedstryde tydens die St John's College Paastoernooi in aksie wees. 

Voor Wildeklawer sal die span nog teen Outeniqua te staan kom voordat hy vir Diamantveld en Welkom Gimnasium in Kimberley die stryd sal aansê.  

In Riversdal sal Oakdale Landbou en HTS Drostdy in 'n tweestryd van epidermiese proporsies slaags wees. Dié Bulle van Oakdale kon laas die steekse Donkies van HTS Drostdy in 2015 op sy tuisveld, De Eike-veld, net buite Riversdal met 34-13 met die kous oor die kop huis toe stuur. 

Oakdale het wel met sy laaste twee besoeke die spook van Charles Trappes op Trappespark in Worcester in 2016 (26-13) en 2018 (37-34) verjaag. Saterdag se wedstryde op De Eike word regstreeks op DigiTV.co.za op OakNet gebeeldsend. 

Veral die tweestryd tussen Oakdale se kaptein en flank, Sybrand van Dyk, en sy direkte teenstander, Wynand du Plessis, gaan een vir die fynproewer wees. Du Plessis het verlede jaar die Boland tydens die Akademie-week verteenwoordig. 

Die span van Worcester was vanjaar al twee keer teen Stellenberg (7-13) en die Hoër Jongenskool Paarl (3-64) aan die verloorkant. Oakdale Landbou het ook nog net twee keer 'n opstopper gekry en dit was teen die omgekrapte Argentyne van San Isidro (0-10) asook teen Stellenberg (10-21)

Die spanne is: 

Oakdale Landbou: 15 Ruhan Els, 14 Tino Singe, 13 Alwich van der Linde, 12 Ashwin Botha, 11 Monré de Ridder, 10 Hendrik Victor, 9 Nico Pietersen, 8 Kaylim Cordier, 7 Corné Rahl, 6 Sybrand van Dyk (kaptein), 5 Gustav Smit, 4 Zach Stander, 3 Neil Francis, 2 Vernon Paulo, 1 Malcolm Joseph. Plaasvervangers: 16 Herman Otto, 17 Petri Steyn, 18 Niel Engelbrecht, 19 Marnitz Mellet, 20 Gerbrandt Conradie, 21 Matthew Stephens, 22 Michel Stemmet, 23 Creflo Witbooi, 24 Janus Ferreira. 

HTS Drostdy: 15 Keane Galant, 14 Hugo Mostert, 13 Roann Jansen, 12 Zach le Roux, 11 Reinhardt van der Watt, 10 Carlton Pietersen, 9 Justin Henning, 8 Joshua Smit, 7 Gysbert du Preez, 6 Wynand du Plessis, 5 Robert Adshade, 4 Reinier Viljoen, 3 Lincoln Johnson, 2 Stefan Schwartz (kaptein), 1 Benicio Kamfer. 

Die bepalings is: 

Hoërskool StellenbergDe Eike-veld, Riversdal
11:55o.19AStellenberg vs BrackenfellDigiTVStacked1 School of Rugby | Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies - School of Rugby12:30o.19AOakdale Landbou vs HTS DrostdyDigiTVStacked1 School of Rugby | Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies - School of Rugby
10:40 o.19B  Stellenberg vs Brackenfell  DigiTVStacked1 School of Rugby | Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies - School of Rugby 11:15 o.19B Oakdale Landbou vs HTS Drostdy DigiTVStacked1 School of Rugby | Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies - School of Rugby
09:30 o.16A  Stellenberg vs Brackenfell  DigiTVStacked1 School of Rugby | Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies - School of Rugby 10:05 o.16A Oakdale Landbou vs HTS Drostdy DigiTVStacked1 School of Rugby | Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies - School of Rugby
08:30 o.15A Stellenberg vs Brackenfell  DigiTVStacked1 School of Rugby | Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies - School of Rugby 09:00 o.15A Oakdale Landbou vs HTS Drostdy DigiTVStacked1 School of Rugby | Stellenberg kan inspirasie uit Angelo Davids put vir stryd teen Brakkies - School of Rugby

[powr-comments id="61b48f3b_1554455004490"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.