HJS Paarl stel hul 2019 hokkie- en rugby borge bekend

Written by Correspondent

Paarl_Boishaai School of Rugby | HJS Paarl stel hul 2019 hokkie- en rugby borge bekend - School of RugbyDie HJS Paarl het Dinsdagaand, tydens ‘n spesiale Borgeaand, hulle hokkie- en Rugby borge by Brugstraat in die Paarl onthaal. Tydens die geleentheid is hulle eerste hokkiespan en eerste- en tweede rugbyspan se truie ook bekendgestel.

“Ons is bevoorreg om vanjaar Henties vrugtesap as ons eerste hokkiespan se borg te hê. Na die inwyding van ons nuwe Astro-baan sien HJS-hokkie baie uit na 2019,” sê die hoof van hokkie by HJS, Cindy McFarlane.

By die tweede rugbyspan het HJS vanjaar vir die 15de agtereenvolgende jaar vir Demtex (Demetri Slabbert) as hoofborg. Vanjaar kom SBS (Southern Business School) van Chris Vorster by as borg vir die “sekkies”, soos hulle algemeen bekend staan.

By die eerste span is die HJS vanjaar bevoorreg om Digicall (Altmann Allers) en Fidelity-Adt (Wahl Bartmann) as hoofborge te hê. “Saam met Southern Business School (Chris Vorster), Vodashops (Robert du Preez), Vida e Café (Mark le Roux), Val de Vie (Renier Swart), USN (Jaco Barnard), Ramble (Henro Smit) en ons klereborg, Rhino (Angus Thompson,) is die eerste span reg vir die 2019 seisoen,” sê hoofafrigter, Peter Engledow.

Die eerste hokkiespan sal vanjaar nie minder nie as 21 wedstryde speel waarvan 16 op HJS se eie nuwe Astro-baan beslis sal word. Die eerste rugbyspan sal vanjaar in 16 wedstryde kragte meet met die beste in Suid-Afrika.

Die skoolhoof, mnr. Derek Swart, het die verrigtinge afgesluit en verwys na HJS se hoofdoel, nl. om seuns uit te stuur om ‘n positiewe verskil te maak in ‘n dikwels negatiewe wêreld. Hy het ook die borge bedank wat weer aan die skool die nodige “tools” verskaf het om dit moontlik te maak om hierdie doelwit te bereik.

[powr-comments id="b6c15f07_1554451750794"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.