Outeniqua en Boishaai sluit Kwagga-week onoorwonne af

Written by Hannes Nienaber

KwaggaWeek School of Rugby | Outeniqua en Boishaai sluit Kwagga-week onoorwonne af - School of RugbyDie span wat vanjaar die "titel"as Suid-Afrika se voorste o.14-span wil dra, sal eers verby die Hoërskool Outeniqua van George moet kom. Outeniqua het alle teenstand voor hom weggevee tydens die jaarlikse Kwagga-week wat deur hom aangebied word.  

Die gasheer het sy week onoorwonne afgesluit deur Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch met 64-0 af te slag. Die span het nie 'n enkele punt tydens die Kwagga-week afgestaan nie. Hy het ook Waterkloof (67-0) en Affies (66-0) behoorlik opgekeil. 

Die enigste ander span wat die o.14-week onoorwonne kon afsluit was die van die Hoër Jongenskool Paarl. Boishaai het Menlopark op die laaste dag met 26-7 die loef afgesteek om sy onoorwonne te behou. Hy het ook met HTS Middelburg (54-0) en Monument van Krugersdorp (28-12) afgereken.

Al die uitslae: 

o.14
Outeniqua 64 Paul Roos Gimnasium 0
Paarl Boys' High 26 Menlopark 7
Monument 53 Framesby 0
Garsfontein 31 Stellenberg 17
Affies 17 Wynberg Boys' High 14
Durbanville 17 Pearson 12
Boland Landbou 15 HTS Middelburg 12
Diamantveld 43 Langenhoven Gim 31
Jeugland 20 Curro Nelspruit 5
Waterkloof 30 Parel Vallei 11
Kempton Park 34 Hugenote (Wellington) 12
Zwartkop 29 Klerksdorp 10
Menlopark XV 32 Heidelberg Volkskool 32
Monument XV 24 Ellisras 5
o.15
Pearson 18 Wynberg Boys' High 12
Boland Landbou 22 Framesby 10
Outeniqua 42 Bellville 26
Heidelberg Volkskool 50 Outeniqua XV 0
Durbanville 27 Diamantveld 19
Langenhoven Gim 21 Hugenote (Wellington) 12
Parel Vallei 37 Jeugland 5

[powr-comments id="11fd5271_1553234752618"] 

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.