Affies sal lugtig vir eerste ontmoeting met Stellenberg wees

Written by Hannes Nienaber

NewsGAffiesDia School of Rugby | Affies sal lugtig vir eerste ontmoeting met Stellenberg wees - School of RugbyDie Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria en die Hoërskool Stellenberg sal mekaar vir die eerste keer Vrydag in die geskiedenis van die twee skole op eerstespanvlak die stryd aan sê.

Die twee spanne kom in die hoofwedstryd van die eerste dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi teen mekaar te staan. 

Vanjaar se toernooi word deur die Hoërskool Garsfontein op Bere-park aangebied. Dit is die sesde jaar wat die toernooi gehou word. 

Affies sal lugtig vir sy eerste ontmoeting met Stellies wees. Dit sal slegs die Wit Bulle se tweede amptelike kragmeting van die seisoen wees. Hulle het verlede week vir Diamantveld met 52-25 kaf gedraf. 

Affies was wel ook teen HTS Middelburg (30-5) tydens die jaarlikse Afgri Prestige Rugbydag in aksie. Daar word egter geen stelskoppe tydens die dag se verkorte wedstryde toegelaat nie. 

Stellenberg het Saterdag die eerste keer in sy geskiedenis geslaag om Oakdale Landbou se Bulle te tem. Stellies was met 21-10 baas. Hulle het ook al vanjaar vir HTS Drostdy met 13-7 omgedop. 

Affies kon sedert sy onoorwonne seisoen van 2013 slegs twee keer in 12 wedstryde daarin slaag om oorwinnings oor skole vanuit die Wes-Kaap te behaal. Dit sluit kragmetings teen die twee Suid-Kaapse skole, Hoërskool Outeniqua en Oakdale Landbou, uit. 

Die twee seges die afgelope vyf jaar was teen Boland Landbou (38-14 in 2018) en Paul Roos Gimnasium (24-17 in 2016). Affies behoort met die twee losvoorspelers George Oosthuizen en Adolf Visser genoeg balbesit op die voorvoet te kry. Stellenberg sal ook die heelagter, Dieter Crafford, fyn moet dophou. 

Stellenberg se binnesenter, Hedley Hadlow, se spelpeil tot dusver is een van sy span se sterkpunte in sy twee seges gewees.

In die enigste ander eerstespan-wedstryd op die eerste dag van die toernooi sal EG Jansen van Boksburg probeer om sy vertoning verlede jaar teen die Hoërskool Durbanville te herhaal. Jansies was verlede jaar met 43-28 vir Durbies geklop. 

FOTO: William Brown

[powr-comments id="95af4d7c_1552639892925"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.