Bepalings van die Francois Swart o.15-Week vir 2019 bekend

Written by Hannes Nienaber

NewsG_Affieso15 School of Rugby | Bepalings van die Francois Swart o.15-Week vir 2019 bekend - School of RugbyDie Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sal in die hoofwedstryd op die laaste dag van sy 15de jaarlikse Francois Swart Rugbyweek vir o.15-spanne teen die Hoërskool Garsfontein te staan kom. Die week vind van 20 tot 23 Maart in die Jakarandastad plaas. 

Dit sal die eerste keer in 'n hele paar jaar wees dat spanne van die twee skole mekaar op 'n rugbyveld die stryd aansê. Affies sal op die eerste teen Kempton Park sake uitspook, terwyl hulle op die tweede dag vir EG Jansen van Boksburg sal pak. 

Garsfontein is een van vier nuwe gesigte op vanjaar se week. Die ander drie skole is Lichtenburg, Westville Boys' High en die Hoërskool Klerksdorp.

Die vier skole wat nie weer vanjaar in aksie is nie, is King Edward VII, Jeppe High School for Boys', Ligbron Akademie en Eldoraigne. 

Die rugbyweek is in 2004 gestig na die afsterwe van die belowende jong losskakel, Francois Swart, wat daardie jaar sy lewe in 'n motorongeluk buite Victoria-Wes in die Noord-Kaap verloor het.

Swart het Affies se eerstespan in 53 wedstryde verteenwoordig en het 447 punte vir die Wit Bulle in die wedstryde aangeteken. Swart se skakelmaat in 51 van sy 53 wedstryde vir Affies was die Springbok-skrumskakel, Fourie du Preez.

Swart het na skool in 2002 en 2003 vir die Suid-Afrikaanse o.12-span gespeel. Hy het
ook tussen 2001 en 2003 die Luiperds, Westelike Provinsie en die Blou Bulle in die Vodacombeker-reeks verteenwoordig.

Die bepalings: 

Woensdag, 20 Maart 2019 

11:00Westville Boys' HighvsEG Jansen
12:00 Waterkloof vs Hoërskool Nelspruit 
13:00  Zwartkop vs Klerksdorp 
14:00 Affies vs Kempton Park
15:00 Maritzburg College vs Helpmekaar
16:00 Lichtenburg vs Garsfontien

Donderdag, 21 Maart 2019

11:00 Kempton ParkvsLichtenburg
12:00 Affies vs EG Jansen
13:00 Garsfontein vs Westville Boys' High
14:00 Zwartkop vs Waterkloof
15:00 Hoërskool Nelspruit vs Maritzburg College
16:00 Klerksdorp vs Helpmekaar

Saterdag, 23 Maart 2019

08:00 Maritzburg CollegevsKempton Park
09:00 Westville Boys' High vs Hoërskool Nelspruit
10:00 Klerksdorp vs EG Jansen
11:00 Lichtenburg vs Waterkloof
12:00 Helpmekaar vs Zwartkop
13:00 Affies vs Garsfontein

[powr-comments id="7502d6ec_1552301343113"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.