Stellenberg en Northwood behaal geskiedkundige seges

Written by Hannes Nienaber

NewsGHelpmekaar School of Rugby | Stellenberg en Northwood behaal geskiedkundige seges - School of RugbyJared Scheepers, slot van die Hoërskool Garsfontein, kan indien hy op sy spelpeil so vroeg in die seisoen kan voortbou ‘n jaar beleef waaroor hy tans slegs droom.

Scheepers het vyf drieë in sy skool se eerste amptelike wedstryd van die seisoen in sy oortuigende sege van 64-12 oor Kempton Park in die nuwe vriendskaplike Puk-reeks gedruk. Dit is ‘n nuwe rekord vir Garsfontein.

Die vorige rekord van vier drieë in ‘n wedstryd is voorheen deur vier spelers gedeel. Buiten Scheepers se indrukwekkende vertoning het die Garsie Bere se SA Skole-skrumskakel, Jurich Claassens, ook ‘n goeie wedstryd beleef. Hy het ook twee keer die doellyn oorgesteek.

EG Jansen se vleuel Tyron Kotze het ‘n driekuns aan drieë in span se span sege van 51-26 oor die Hoërskool Rustenburg in die reeks behaal. Die Jansies het ‘n voorsprong van 51-0 opgebou voordat die afrigters besluit het om hul plaasvervangersbank speelkans te gee.

Helpmekaar-kollege het sy houvas op Waterkloof die afgelope vyf jaar behou deur die Klofies in die Jakarandastad met 45-31 die loef af te steek.

Helpies het voorlangs met sy flank Zander du Toit aan die spits die oorhand gehad. Klofies kon slegs een van sy lynstane wen, terwyl sake by die afbreekpunte ook nie in die guns van die tuisspan was nie.

Buiten Du Toit het die agtsteman, Tyler Skudder, en vleuel Divan Esterhuizen goed vertoon.

Vir Klofies het sy skrumskakel, Divan Roelofse, met sy spel beindruk. Roelofse beskik oor ‘n suiwer aangee na albei kante en daar makeer ook niks met sy taktiese skopwerk nie.

Die Hoërskool Outeniqua se Kwaggas was ‘n vernietigende bui in hul eerste wedstryd van die seisoen. Die Kwaggas het die Hoërskool Brackenfell op laasgenoemde se jaarlikse sportdag in 60 minute met 62-0 afgeslag.

Outeniqua se twee slotte, Dean Malherbe en Corné Struwig, het albei dubbelle driedruk-plesier ervaar. Die span se losskakel, Matthew Thorne, het agterlangs soos ‘n generaal sake dikteer.

Die Hoërskool Stellenberg is vanjaar nie ‘n span wat sonder handskoene aangepak kan word nie. Stellies het gister op Brakkies se sportdag vir Oakdale Landbou met 21-10 laat harpuis ruik.NewsGStelliesOak School of Rugby | Stellenberg en Northwood behaal geskiedkundige seges - School of Rugby

Die span se binnesenter, Hedley Hadlow, is met twee drieë met sy kragtige lopies beloon en was ook sy span se ster in die geskiedkundige oorwinning.

Die Hoërskool Lichtenburg is vir die eerste keer sedert 2015 met die kous oor die kop in die Pukke Prestige-reeks huis toe gestuur.

Marais Viljoen se losskakel, Rehan le Maitre, was die groot doring in die Liggies se vlees. Hy het in die doodsnikke van die twee spanne se kramgeting die doellyn oorgesteek en ook sy eie drie verdoel om aan sy span ‘n sege van 14-13 te besorg.

Op Goldstones in Pietermaritzburg het die trane gerol toe Maritzburg College vir die eerste keer ooit teen Northwood van Durban die knie gebuig het. Northwood was met 30-26 in die kragmeting baas.

Hilton College was klinies in sy sege van 20-3 oor Durban High School, terwyl Glenwood oor te veel skietgoed met 22-7 in ‘n opwindende wedstryd vir Westville Boys’ High beskik het.

Die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort het in die hoofwedstryd van die jaarlikse Pieter Swanepoel-sportdag vir Parys met 19-7 verslaan. Die wedstryd is vroeg gestop weens swaar weer. Albei spanne het in die reën op ‘n sopnat Page-park met rukke goeie spel opgedis.

AL DIE UITSLAE: 

BRACKENFELL SPORTDAG

Outeniqua 62, Brackenfell 0; Stellenberg 21, Oakdale Landbou 10; Paarl Gimnasium 32, Durbanville 0; Milnerton 44, Wynberg Boys’ High XV 14; SACS 19, Hoërskool Bellville 5; Labori 17, Hoërskool Strand 15; Edgemead 10, Montaan 0; HTS Bellville 32, Jan van Riebeeck 10.

GOUDVELD SPORTDAG

Goudveld-Hoërskool 43, Vereeniging Gimnasium 5; Fichardtpark 15, Noord-Kaap 10; AHS Kroonstad 38, HTS Welkom 14; Riebeeckstad 71, Vereeniging Gimnasium II 15.

GRENS SKOLEDAG

Selborne College 42, Hudson Park 12; Dale College 56, Stirling 24; Queen’s College 32, Cambridge 0.

PIETER SWANEPOEL SPORTDAG

Brandfort 19, Parys 7; Grey-kollege 29, Welkom Gimnasium 0; Cherries 56, Hentie Cilliers 7; Aliwal-Noord 31, Bothaville 17; Louis Botha 33, Hangklip 7; Bultfontein 57, President Steyn 5.

DIAMANTVELD SPORTDAG

Affies 52, Diamantveld 25; Affies II 50, Landboudal 0; Sentraal 15, Affies III 8; Affies IV 43, Hoërskool Upington 19.

PUK-REEKS

Menlopark 25, Transvalia 8; Garsfontein 64, Kempton Park 12; EG Jansen 51, Hoërskool Rustenburg 28; HTS Middelburg 27, Eldoraigne 26

PUKKE PRESTIGE-REEKS

Marais Viljoen 14, Lichtenburg 13; Wesvalia 43, Zwartkop 17; Hoërskool Middelburg 45, Randburg 35; Noordheuwel 38, Oosterlig 12; Potchefstroom Volkskool 27, HTS Witbank 17; Heidelberg Volkskool 48, Hugenote (Springs) 21; Jeugland 31l Montana 24; Potchefstroom Gimnasium 38, Die Anker 34.

PUKKE SPORT-REEKS

Hoërskool Brits 24, Linden 20; Florida 34, Dr. Malan 7; Hoërskool Alberton 27, Standerton 20; Secunda 10, Bastion 7; Hans Moore 24, Hoogenhout 7; Birchleigh 26, Driehoek 10.

PUKKE PROVINSIALE-REEKS

Frikkie Meyer 30, Centurion 20; Oos-Moot 14, Hoërskool Klerksdorp 3.

PUKKE 16-REEKS

Pretoria-Noord 43, Stoffberg 10; Piet Retief 35, Ferrum 29; Pionier 31, Volksrust 7; Riebeeckrand 28, Bekker 12; Leeuwenhof 21, Overvaal 19; Fochville 24, Wolmaransstad 17; Vryburg 42, Schoonspruit 20.

VIRSEKERBEKER

Afdeling 2: Hoërskool Pietersburg 45, Merensky 15.

Afdeling 4: Mitchellhouse 44, Stanford Lake College 9.

WESGROW-REEKS

Voortrekker (Bethlehem) 58, Jim Fouché 24.

VRIENDSKAPLIK

Helpmekaar-kollege 45, Waterkloof 31; Duineveld 33, Marlow Landbou 12; Witteberg 63, Ellisras 12; Glenwood 22, Westville Boys’ High 7; Northwood 30, Maritzburg College 26; St Andrew’s College 47, Nico Malan 12; Hilton College 20, Durban High School 3; Ben Viljoen 45, Wonderboom 29; HTS John Vorster 57, HTS Tom Naudé 3; Overkruin 24, Piet Potgieter 7; Curro Nelspruit 12, Curro Hazeldean 5; Brandwag (Benoni) 24, Jan Viljoen 24; Hans Strijdom 41, Curro Heuwelkruin 20; Midstream College 20, Ermelo 15; Wilgerivier 36, HTS Sasolburg 10.

[powr-comments id="82b97fc8_1552200860954"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.