Diamantveld het grondpad om titel as kampioen van Wesgrow-reeks te behou

Written by Hannes Nienaber

WesgrowLiga School of Rugby | Diamantveld het grondpad om titel as kampioen van Wesgrow-reeks te behou - School of RugbyDie o.19-kampioen van die Wesgrow-reeks, die Hoërskool Diamantveld, sal sy aanslag om sy titel as kampioen te behou op Fichardtpark se jaarlikse sportdag in Bloemfontein teen Goudveld-Hoërskool afskop. Die twee spanne het mekaar verlede jaar ook in die eindstryd die stryd aangesê. Diamonds was met 29-26 in die eindstryd baas. 

Diamonds is saam met Goudveld, Voortrekker en Jim Fouché in 'n groep geloot. In die ander afdeling sal Sentraal, Fichardtpark, Noord-Kaap en Witteberg sake uitspook. Die Trekkers van Bethlehem het as die algehele rugbykampioen verlede jaar uit die stryd getree. 

Die verdedigende kampioen is dus in die sterkste groep vir 2019 geloot. Die span wat bo-aan die groep na die rondomtalie-wedstryde eindig behoort die gunsteling te wees om uiteindelik as kampioen gekroon te word. 

Die halfeindstryde word op 13 Julie beslis, terwyl die kampioen op 20 Julie gekroon sal word. Die vervroeë uitspeelwedstryde stel die skole in die reeks in staat om ook vanjaar 'n aanslag op die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga te loots. 

School of Rugby is die amptelike media vennoot van die reeks. Al die uitslae asook puntelyste sal gedurende die reeks op die webtuiste beskikbaar wees. 

Die bepalings is: 

2 Maart 2019 

Goudveld vs Diamantveld 

9 Maart 2019 

Jim Fouché vs Voortrekker 
Fichardtpark vs Noord-Kaap

15 Maart 2019 

Sentraal vs Witteberg 

1 April 2019 

Jim Fouché vs Diamantveld

6 April 2019 

Voortrekker vs Goudveld-Hoërskool 

13 April 2019 

Sentraal vs Fichardtpark 

18 April 2019 

Fichardtpark vs Witteberg

27 April 2019 

Sentraal vs Noord-Kaap 

18 Mei 2019

Witteberg vs Noord-Kaap
Goudveld-Hoërskool vs Jim Fouché
Diamantveld vs Voortrekker

X

Right Click

No right click