Hier is die NWU-Pukke 16 se bepalings van 2019

Written by Hannes Nienaber

NWU-Pukke_16 School of Rugby | Hier is die NWU-Pukke 16 se bepalings van 2019 - School of RugbyDaar is vanjaar 'n nuwe geur aan die NWU-Pukke 16-reeks met die Hoërskool Riebeeckrand wat in 2019 in die reeks in aksie sal wees. 

Die Hoërskool Riebeeckrand behoort ook 'n sterk aanspraakmaker op die titel op eerstespanvlak te wees. Hulle neem die plek van Alberton High in die reeks in. Die span van Alberton kon verlede jaar nie al sy verpligtinge nakom nie. Riebies het verlede jaar nog aan die NW-Pukke se Sportreeks deelgeneem.  

Die verdedigende kampioen van Vryheid, Hoërskool Pionier, sal sy aanslag op vanjaar se titel op sy tuisveld teen Piet Retief afskop. Verlede jaar was Pionier se eerste titel, maar die span het sedert hy by die reeks in 2015 aangelsuit het nog elke keer die eindstryd gehaal. Die span behoort dus vanjaar weer 'n sterk aanspraakmaker op die titel te wees.  

Pionier het verlede jaar vir die Leeuwenhof Akademie met 38-13 in die eindstryd in Potchefstroom verslaan. Die span van Vryheid sal teen Ferrum en Volksrust in sy ander twee wedstryde te staan kom. 

Leeuwenhof sal sy aanslag vanjaar teen Bekker van Magaliesburg afskop.  Riebeeckrand en Overvaal is die ander twee spanne wat saam met Bekker en Leeuwenhof in 'n groep geloot is. 

Vryburg, Schoonspruit, Wolmaransstad en Fochville is in Groep 4 saam geloot, terwyl Pretoria-Noord, Stoffberg, Delmas en Oosterland van Secunda in Groep 3 geloot is. 

Die bepalings is: 

23 Februarie 2019

Stoffberg vs Oosterland
Delmas vs Pretoria-Noord
Bekker vs Leeuwenhof
Riebeeckrand vs Overvaal
Pionier vs Piet Retief
Volksrust vs Ferrum
Schoonspruit vs Wolmaransstad
Vryburg vs Fochville 

2 Maart 2019 

Delmas vs Stoffberg
Pretoria-Noord vs Oosterland
Leeuwenhof vs Riebeeckrand
Overvaaal vs Bekker
Ferrum vs Pionier
Piet Retief vs Volksrust
Fochville vs Schoonspruit
Wolmaransstad vs Vryburg

9 Maart 2019 

Stoffberg vs Pretoria-Noord
Oosterland vs Delmas
Riebeeckrand vs Bekker
Overvaal vs Leeuwenhof
Ferrum vs Piet Retief
Volksrust vs Pionier
Wolmaransstad vs Fochville
Vryburg vs Schoonspruit

X

Right Click

No right click