Waterkloof is terug in die Virsekerbeker

Written by Hannes Nienaber

Waterkloof School of Rugby | Waterkloof is terug in die Virsekerbeker - School of RugbyDie Hoërskool Waterkloof is terug in die Virsekerbeker na 'n jaar in die woestyn.

Klofies sal in die Beker-kompetisie in Afdeling 1 sy terugkeer maak. Waterkloof is in 2017 uit die reeks geskop na hy geweier het om teen Garsfontein te speel. Die kompetisie het in 2018 'n gedaante-verwisseling ondergaan en daar was onsekerheid oor waar 'n skool soos Waterkloof of Affies homself sou bevind indien hulle weer terug wou klim. 

Die kompetisie beloof om dus nog strawwer in 2019 te wees. 

Klofies kom in sy eerste wedstryd van die kompetisie op 6 April teen Transvalia in Vanderbijlpark te staan. Dit sal ook die openingswedstryd van die reeks vir 2019 wees. Waterkloof pak die week daarna vir Garsfontein. 

Die verdedigende kampioen, Monument van Krugersdorp, sal sy aanslag om sy titel te behou ook teen Klofies afskop. Die twee spanne pak mekaar op 11 Mei in Pretoria. Die ander nuweling in die Beker-afdeling, Noordheuwel van Krugersdorp, het die moeilike taak om na Middelburg te reis vir sy eerste wedstryd van die reeks teen die HTS Middelburg se Rooi Bulle. 

In Krugersdorp sal daar ook opgewondenheid heers met Monument en Noordheuwel wat mekaar vir die eerste keer sedert 2004 in 'n amptelike wedstryde die stryd sal aansê. Monnas was op daardie dag met 95-12 baas. Noordheuwel het laas in 2001 daarin geslaag om Monnas se Wit Bulle om te dop.

Die Beker-kompetisie se bepalings is: 

6 April 2019 

Transvalia vs Waterkloof

13 April 2019 

Garsfontein vs Waterkloof

4 Mei 2019 

HTS Middelburg vs Noordheuwel

11 Mei 2019

Transvalia vs Helpmekaar
Waterkloof vs Monument
Noordheuwel vs Menlopark
Garsfontein vs HTS Middelburg

18 Mei 2019 

HTS Middelburg vs Transvalia
EG Jansen vs Helpmekaar
Waterkloof vs Menlopark

25 Mei 2019 

Menlopark vs Garsfontein
Monument vs Transvalia
Helpmekaar vs Noordheuwel
HTS Middelburg vs EG Jansen

1 Junie 2019

Helpmekaar vs Menlopark
Transvalia vs EG Jansen
Noordheuwel vs Monument 

8 Junie 2019 

HTS Middelburg vs Helpmekaar
Noordheuwel vs Waterkloof

12 Junie 2019

EG Jansen vs Waterkloof

13 Julie 2019 

Monument vs Helpmekaar
EG Jansen vs Garsfontein 
Menlopark vs Transvalia

20 Julie 2019 

Helpmekaar vs Garsfontein
Monument vs EG Jansen
Transvalia vs Noordheuwel
Menlopark vs HTS Middelburg

27 Julie 2019 

Helpmekaar vs Waterkloof
Noordheuwel vs Garsfontein
Monument vs HTS Middelburg
EG Jansen vs Menlopark

3 Augustus 2019

Garsfontein vs Transvalia
Menlopark vs Monument
HTS Middelburg vs Waterkloof
EG Jansen vs Noordheuwel

10 Augustus 2019 

Halfeindrondes 

17 Augustus 2019 

Eindstryde

X

Right Click

No right click