Land se voorste o.16-spelers in die Paarl byeen

Written by Hannes Nienaber

PaarlGimo16 School of Rugby | Land se voorste o.16-spelers in die Paarl byeen - School of RugbyPaarl Gimnasium se jaarlikse o.16-toernooi bly steeds sonder twyfel die grootste rugbytoernooi vir die ouderdomsgroep in die land. Nie minder as 30 van die land se o.16-skolespanne sal van more af op Gimmies se velde in die Paarl in aksie wees nie. 

Die toernooi is in 1992 die eerste keer aangebied. 

Paarl Gimnasium kom in die hoofwedstryd van die eerste dag teen Grey-kollege van Bloemfontein te staan. Die wedstryd beloof om heelwat vuurwerk op te lewer. Paul Roos Gimnasium speel in die vernaamste voorwedstryd teen Menlopark. Die span van Pretoria het ‘n gedugte span.

Die wedstryd voor dit tussen die Hoër Jongenskool Paarl en die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria behoort ook vir heelwat opwinding te sorg.

Daar is ook ook tien o.14-spanne wat aan die toernooi in die Paarl deelneem.

Van die ander o.16-spanne wat vanjaar hul staal tydens die toernooi sal wil toon is EG Jansen van Boksburg, Diamantveld van Kimberley, HTS Middelburg, Durbanville, Michaelhouse, Boland Landbou, Hoërskool Rustenburg, Garsfontein, Marlow Landbou van Cradock, SACS, Eldoraigne, Oakdale Landbou, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Bellville, Noordheuwel, Centurion, Monument, Outeniqua, Framesby, Watekrloof, Kempton Park, Potchefstroom Gimnasium, Stellenberg en Duineveld.

Die bepalings is (o.16-spanne):

A-veld

08:30 – EG Jansen vs Diamantveld; 09:40 – Marlow Landbou vs HTS Middelburg; 10:50 – Durbanville vs Garsfontein; 12:00 – Hoërskool Bellville vs Eldoraigne; 13:10 – SACS vs Hoërskool Nelspruit; 14:20 – Oakdale Landbou vs Noordheuwel; 15:30 – Boland Landbou vs Hoërskool Rustenburg; 16:40 – Hoër Jongenskool Paarl vs Affies; 17:50 – Paul Roos Gimnasium vs Menlopark; 19:30 – Paarl Gimnasium vs Grey-kollege.

B-veld

08:30 – Michaelhouse vs Kempton Park; 09:40 – Monument vs Framesby; 10:50 – Outeniqua vs Waterkloof; 12:00 – Potchefstroom Gimnasium vs Duineveld; 13:10 – Stellenberg vs Centurion.

o.14-spanne:

B-veld

14:20 – Hoërskool Bellville vs Eldoraigne, 15:20 – Oakdale Landbou vs Kempton Park; 16:20 – Hoërskool Rustenburg vs Brandwag (Uitenhage); 17:20 – Framesby vs Hoërskool Nelspruit; 18:20 – Paarl Gimnasium vs Grey-kollege.

X

Right Click

No right click