Share

NewsGTrotseNorieDie Hoërskool Noordheuwel se eerste rugbyspan sal nie vanjaar 'n span wees wat ligtelik opgeneem kan word nie. Die Nories het nie minder as 16 spelers in sy geledere wat reeds verlede jaar deur van die groep vir die eerstespan uitgemaak het. 

Dit sou 17 spelers gewees het, maar Ruan Fourie het intussen na Australië geimmigreer. Die 16 ervare spelers is - AJ Venter, Armand Dreyer (albei stutte), Ruan Vosloo, Jason Buckingham (albei hakers), Conrad van Dyk, Jaco vd Westhuizen (albei slotte), Rudi Brink, Shandre Coetzer, Ruan Engelbrecht (almal losvoorspelers), Justin Lambert (skrumskakel), Renier Stander (losskakel), Divan van Tonder, Wian van Heerden, Dean Bentley (almal senters), Camron Janse van Vuuren, Davan du Plessis en Trompie Loots (almal vleuels).

Die skrumskakel, Justin Lambert, het verlede jaar die Goue Leeus op die Coca-Cola Akademie-week in Johannesburg verteenwoordig. Hy sal indien hy op verlede jaar se vertonings voortbou 'n sterk aanspraakmaker wees om vanjaar die Leeus op die Cravenweek in die Paarl te verteenwoordig. 

Noordheuwel - 2018
6 Maart vs Goudveld Loftus Prestige
10 Maart vs Die Anker Puk Prestige
14 Maart vs Pretoria Boys' High Vriendskaplik
17 Maart Wesvalia Puk Prestige
24 Maart Potch Volkies Puk Prestige
29 Maart vs TBC  KES Easter Festival
31 Maart  vs TBC  KES Easter Festival
2 April  vs TBC  KES Easter Festival
14 April Puk Prestige Kwarteindrondes Potch Volkies 
21 April Puk Prestige Halfeindrondes Driehoek 
5 Mei Puk Prestige Eindronde Potchefstroom 
12 Mei vs Affies Vriendskaplik
19 Mei vs Marais Viljoen Virsekerbeker 
26 Mei vs Waterkloof  Vriendskaplik
2 Junie vs Eldoraigne  Virsekerbeker 
9 Junie vs Kempton Park  Virsekerbeker 
16 Junie vs Rustenburg  Virsekerbeker 
21 Julie vs Centurion Virsekerbeker 
28 Julie  vs Zwartkop  Virsekerbeker 
4 Augustus vs Montana Virsekerbeker

Noordheuwel skop sy seisoen tydens die Loftus Prestige-aand in Pretoria teen Goudveld-Hoërskool van Welkom af. Geen stelskoppe word waargeneem in hierdie wedstryde tydens die dag nie. Die span neem ook vanjaar aan die King Edward VII Paastoernooi in Johannesburg deel. 

"Met die nuwe indeling van die Virsekerbeker sien ons uit na elke wedstryd, maar dit is vir ons lekker om volle bepalings teen Waterkloof en Pretoria Boys' High ook te he. Ons speel vanjaar ook vir die eerste keer 'n volledige bepaling teen die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria."

"Dit is vir ons 'n ongelooflike voorreg om bande met Affies te bou en hulle gaan vir seker ons sterkste teenstanders wees, maar ons sien baie uit na die dag," het Rocky Truter, afrigter van Noordheuwel se eerstespan gese. 

Dat Nories hul rugby ernstig opneem word onderstreep deur die feit dat die skool se jujniors o.14 (Kwagga-week), o.15 (HJS Paarl) en o.16 (Paarl Gimnasium) die onderskeie ouderdomsgroepe se voorste toernooie bywoon. 

"Ons doelwitte vir 2018 is om 15 spanne in die veld te stoot. Ons wil ook vanjaar die Pukke Prestige-reeks se rugby-afdeling vir die vierde agtereenvolgende jaar wen. Om al ons A-spanne in die uitspeelrondes van die Virsekerbeker is 'n doelwit waarheen ons ook werk," het Truter gese. 

Truter en WP Laidlaw rig vanjaar Nories se trots af. Die span word deur Hogan Engelbrecht gekondisioneer. 

You have no rights to post comments