Share

Webblad 2017 2new bigDie Hoërskool Middelburg sal vanjaar die jaarlikse Noord Suid Derby in die koolvelde in Mpumalanga aanbied. Middelburg vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar en die toernooi sal een van die hoogtepunte van die eeufeesvieringe wees.

Die jaarlikse interskole tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg wat 'n hoogtepunt vir die dorp is, is in die weegskaal. Die Hoërskool Middelburg het intussen na sy onttrekking verlede jaar aan die Virsekerbeker besluit dat hy wel vanjaar aan die reeks sal deelneem.

Indien die interskole nie plaasvind sal die Noord-Suid Derby die grootste rugbygebeurtenis vir Hoërskool Middelburg tydens sy eeufeesvieringe wees.

Die toernooi sal vir die vierde keer sedert sy ontstaan in 2016 aangebied word. HTS Drostdy in Worcester was die gasheer van die eerste drie toernooie.

Kearsney College van Durban is 'n nuweling op vanjaar se toernooi. Die span sal teen Transvalia, Hoërskool Middelburg en Marais Viljoen in sy drie wedstryde te staan kom.

Dié wedstryd tydens die toernooi om nie mis te loop nie is die een tussen HTS Drostdy en Transvalia op die laaste dag. Die twee spanne sal wel om 09:00 die ryp van Middelberg se hoofveld afspeel, maar dié wedstryd sal een van die wedstryde van die jaar wees om nie mis te loop nie.

Albei die skole se eerstespanne behoort vanjaar sterk aanspraakmakers te wees om onder die voorste 20 spanne in die land te tel.

Die bepalings is: 

Donderdag, 5 April 2018 

12:00 - Transvalia vs Kearsney College
13:10 - Marais Viljoen vs HTS Daniël Pienaar
14:20 - Hoërskool Middelburg vs HTS Drostdy

Saterdag, 7 April 2018

12:00 - Hoërskool Middelburg vs Kearsney College
13:10 - Transvalia vs HTS Daniël Pienaar
14:20 - HTS Drostdy vs Marais Viljoen

Maandag, 9 April 2018 

09:00 - HTS Drostdy vs Transvalia
10:10 - Marais Viljoen vs Kearsney College
11:20 - Hoërskool Middelburg vs HTS Daniël Pienaar

You have no rights to post comments