Share

NWUPuk16Die NWU-Pukke 16-reeks beloof om in 2018 weer 'n uiters strawwe kompetisie te wees. Bekker van Magaliesburg en Pionier van Vryheid se eerste rugbyspanne het vanjaar die louere gedeel. Die twee spanne het op die Fanie du Toit in Potchefstroom met 17-elk gelykop teen mekaar in die eindstryd gespeel. 

Pionier behoort weer 'n sterk aanspraakmaker op die titel te wees met sy o.16-span wat vanjaar as kampioen gekroon is. Pionier se o.16-span het Overvaal van Vereeniging met 31-24 in die eindstryd geklop. 

Pionier sal sy aanslag op volgende jaar se titel op sy tuisveld in Vryheid teen Volksrust afskop. Bekker se Mambas sal sy aanslag ook tuis begin wanneer hulle teen Alberton High op 3 Maart kragte meet. 

Die eindstryd sal soos gebruiklik op die Fanie du Toit-sportgronde in Potchefstroom plaasvind. Die datum vir die eindstryd is op 21 April 2018. 

Buiten rugby ding die skole ook op die netbalbane, hokkievelde en op die gholfbaan teen mekaar mee. 

Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

3 Maart 2018 

Pretoria-Noord vs Stoffberg
Delmas vs Oosterland
Pionier vs Volksrust
Piet Retief vs Ferrum
Leeuwenhof vs Overvaal
Bekker vs Alberton High
Schoonspruit vs Vryburg
Fochville vs Wolmaransstad

10 Maart 2018 

Stoffberg vs Delmas
Oosterland vs Pretoria-Noord
Volksrust vs Piet Retief
Pionier vs Ferrum
Bekker vs Overvaal
Alberton High vs Leeuwenhof
Fochville vs Vryburg
Wolmaransstad vs Schoonspruit

17 Maart 2018 

Oosterland vs Stoffberg
Pretoria-Noord vs Delmas
Piet Retief vs Pionier
Ferrum vs Volksrust
Overvaal vs Alberton High
Leeuwenhof vs Bekker
Vryburg vs Wolmaransstad
Schoonspruit vs Fochville

You have no rights to post comments