Share

AffiesDie spanne wat volgende jaar aan die 14de Francois Swart-rugbyweek by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gaan deelneem is bekend. Die rugbyweek is in 2004 gestig na die afsterwe van die belowende jong losskakel, Francois Swart, wat daardie jaar sy lewe in 'n motorongeluk buite Victoria-Wes in die Noord-Kaap verloor het. 

Swart het Affies se eerstespan in 53 wedstryde verteenwoordig en het 447 punte vir die Wit Bulle in die wedstryde aangeteken. Swart se skakelmaat in 51 van sy 53 wedstryde vir Affies was die Springbok-skrumskakel, Fourie du Preez. Swart het na skool in 2002 en 2003 vir die Suid-Afrikaanse o.12-span gespeel. Hy het ook tussen 2001 en 2003 die Luiperds, Westelike Provinsie en die Blou Bulle in die Vodacombeker-reeks verteenwoordig. 

Ligbron Akademie van Ermelo is die enigste nuweling wat nie vanjaar op die week in aksie was nie. Kearsney College van Durban wat vanjaar in aksie was, sal nie volgende jaar in die Jakarandastad in aksie wees nie. 

Die spanne is: 

Affies, Jeppe High School for Boys, King Edward VII, Hoërskool Nelspruit, Dr. EG Jansen, Zwartkop, Eldoraigne, Helpmekaar, Kempton Park, Waterkloof, Maritzburg College, Ligbron Akademie. 

You have no rights to post comments