Share

BlouBulleIndien jy jouself volgende jaar op 6 Maart in die Jakarandastad bevind, moet jy nie die jaarlikse Blou Bulle Prestige-rugbyaand misloop nie. Die hoofwedstryd van die dag tussen Menlopark van Pretoria en Boland Landbou beloof om vir heelwat opwinding te sorg. 

Geen stelskoppe word tydens die wedstryde toegelaat nie. 

Dit is gepas dat Boland Landbou die eerste skool vanuit die Wes-Kaap is, om aan die Blou Bulle se dag deel te neem. Derick Hougaard, 'n oud-leerling en Springbok van die skool, het as die Liefling van Loftus in sy speeldae bekend gestaan. 

Die eerste wedstryd van die dag skop reeds om 09:00 op Loftus Versfeld tussen Noordheuwel van Krugersdorp en Goudveld-Hoërskool van Welkom af. 

Daar is ook 'n stryd tussen die Dames-broers, Rudi en Jaco, wat vir heelwat vuurwerk kan sorg. Rudi Dames is die direkteur van rugby by Pretoria Boys' High, terwyl Jaco die hoofafrigter van Diamantveld van Kimberley se eerstespan is. Pretoria Boys' High en Diamantveld sal mekaar om 16:00 die stryd aanse. 

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sal ook volgende jaar vir die eerste keer aan die dag op sy voorstoep deelneem. Ander nuwelinge wat vir di eerste keer op die rugbyaand in aksie sal wees is: Duineveld van Upington, Frikkie Meyer van Thabazimbi, Witteberg van Bethlehem, HTS Middelburg en Transvalia. 

Affies sal om 20:00 onder die spreiligte van Loftus Versfeld die Rooi Bulle van HTS Middelburg die stryd aanse. 

Die bepalings is:

09:00 - Noordheuwel vs Goudveld
10:00 - Curro Heuwelkruin vs Pretoria THS 
11:00 - St Alban's College vs Potchefstroom Gimnasium
12:00 - Kempton Park vs Jeppe High School for Boys
13:00 - Oos-Moot vs Witteberg
14:00 - Zwartkop vs Duineveld
15:00 - EG Jansen vs Frikkie Meyer
16:00 - Pretoria Boys' High vs Diamantveld
17:00 - Waterkloof vs Transvalia
18:00 - Monument vs Welkom Gimnasium
19:00 - Garsfontein vs Voortrekker (Bethlehem)
20:00 - Affies vs HTS Middelburg
21:00 - Menlopark vs Boland Landbou

You have no rights to post comments