Share

PaarlGimJuniorsDie voorste o.16-rugbyspanne van Suid-Afrika sal volgende jaar weer tydens die jaarlikse Paarl Gimnasium o.16- en o.14-toernooi in aksie wees. Gimmies bied die toernooi al sedert 1992 aan. 

Nie minder as 30 van die land se voorste rugbyskole se o.16-spanne sal volgende jaar tydens die toernooi in die Paarl in aksie wees nie. Menlopark van Pretoria, Grey-kollege van Bloemfontein, Paarl Boishaai, Monument, Paarl Gimnasium en EG Jansen se spanne behoort volgende jaar onder die land se voorste tien o.16-spanne in die land te tel. 

Spanne van alle uithoeke van die land sover as Kimberley, Pretoria, Cradock, Krugersdorp, Mbombela, Durban, Potchefstroom, Port Elizabeth en Middelburg sal in aksie wees. 

Tien o.14-spanne sal ook aan die toernooi in die Paarl deelneem. 

School of Rugby sal ook van 2018 af 'n o.16 ranglys vir skolespanne opstel en afrigters van o.16-spanne kan uitslae en inligting aan Hannes Nienaber na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  stuur. 

Die spanne is: 

o.16: Affies, Menlopark, Grey-kollege, Hoër Jongenskool Paarl, Boland Landbou, Marlow Landbou, Oakdale Landbou, Hoërskool Bellville, Centurion, Diamantveld, EG Jansen, Duineveld, Durbanville, Eldoraigne, Framesby, Garsfontein, Kempton Park, Monument, Hoërskool Nelspruit, Noordheuwel, Outeniqua, Hoërskool Rustenburg, Stellenberg, Waterkloof, HTS Middelburg, Michaelhouse, Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Potchefstroom Gimnasium, SACS.

o.14: Brandwag (Uitenhage), Grey-kollege, Oakdale Landbou, Hoërskool Bellville, Eldoraigne, Framesby, Kempton Park, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Rustenburg, Paarl Gimnasium.

You have no rights to post comments