Share

KwaggaAlle skole koester hoop en verwagtinge vir hul o.14-rugbyspanne, maar dit is eers jaarliks na afloop van die jaarlikse Kwagga Junior-rugbyweek dat 'n skool met sekerheid kan sê dat nuutste aanwinste onder die voorste rugbyspelers in Suid-Afrika tel. 

Volgende jaar sal nie minder as 26 van die land se voorste skole se o.14-spanne weer in George vir die 24ste Kwagga-week (vir o.14-spanne) saamtrek. Die week is in 1995 vir die eerste keer deur Hoërskool Outeniqua gehou en het intussen van 'n beskeie begin met slegs agt spanne sal daar 42 spanne aan volgende jaar se week deelneem. 

Buiten die 26 o.14-spanne sal daar ook 16 van die land se voorste skole se o.15-spanne op die week in aksie wees. Die wedstryde se datums vir 2018 is 29 en 31 Maart asook 2 April. 

Outeniqua en Menlopark van Pretoria se o.14-spanne het verlede jaar onder die voorste vier spanne in die land getel. Grey College van Bloemfontein en Oakdale Landbou wat nie in George in aksie sal wees nie, was die ander bulspanne onder die penkoppe.

Die spanne is: 

o.14: Affies, Ben Vorster, Boland Landbou, Curro Nelspruit, Diamantveld, Durbanville, Garsfontein, Grey High School, HTS Middelburg, Hugenote (Wellington), Jeugland, Klerksdorp, Menlopark, Monument, Noordheuwel, Outeniqua, Hoër Jongenskool Paarl, Parel Vallei, Paul Roos Gimnasium, Pearson, Stellenberg, Heidelberg Volkskool, Waterkloof, Windhoek Gimnasium, Wynberg Boys' High, Zwartkop. 

o.15: Hoërskool Bellville, Ben Vorster, Boland Landbou, Brandwag (Uitenhage), Curro Nelspruit, Diamantveld, Grey High School, Hugenote (Wellington), Jeugland, Hoërskool Klerksdorp, Outeniqua, Parel Vallei, Pearson, Robertson, Heidelberg Volkskool, Windhoek Gimnasium. 

You have no rights to post comments