Share

MariusMoolmanDaar was nog nie in die 53 jarige bestaan van die Hoërskool President in Goodwood 'n meer spesiale prysuitdeling as die een wat vanaand in die van die skool plaasvind nie. 

Die skool het vanjaar sy 50ste eerste rugbyspan in die veld gestoot en die groot hoogtepunt van die aand is die toekenning van die gesogte President-medalje aan wyle Marius Moolman. Hy het in 1996 en 1997 vir die Boland Kavaliers in die middelveld uitgedraf. Die oud-leerling van President het boonop in 1996 saam met die Suid-Afrikaanse A-span deur Brittanje getoer. 

Moolman se ouers, Andre en Lena, sal namens hom hierdie erkenning in ontvangs neem. Marius was in 1991 en 1992 die skool se generaal op losskakel van die eerstespan. Die gewese Springbok-vleuel Stefan Terblanche en spanmaat van Moolman tydens sy dae by Boland asook nog tien lede van SA Rugby Legends sal ook die prysuitdeling bywoon.

"Op 20 Junie 2017, het baie oud-leerders, vriende, famile en kennise pragtig reageer op ons spesiale eerbetoon aan hom en 20 jaar later na sy afsterwe leef Marius se naam steeds voort in die harte van almal wat hom geken het vir die mooi mens wat hy was en wat hy op so ‘n jong ouderdom verwerf het," lui 'n verklaring van die skool.

In die 53-jarige bestaan van President het nog net tien mense die eer gehad om met sy hoogte toekenning, die President-medalje, vereer te word. Die tien is Mnr. Richter, Me. Rudman en Mnr. Colyn (vir dienste as onderwysers), Marcus la Grange, Werner Smit, Werner Moolman en Annie Kloppers nee Le Roux (as sportsterre), Ludwig Schwardt (akademie) en Arthur Reichardt (besondere diens aan skool). 

Reichardt is tans die skool se eerstespan se breier. 'n Pos wat hy sedert 2015 beklee. Hy het hom twee jaar na hy aan President in 2005 gematrikuleer en twee jaar daarna by die afrigting van die skool se rugby betrokke geraak. MariusMoolmanSA

Nog 'n oud-leerling wat vanaand se prysuitdeling sal bywoon om dit nog meer spesiaal te maak is 2002 se eerstespan kaptein en internasionale skeidsregter, Marius van der Westhuizen. Hy hanteer Vrydag op Loftus Versfeld in Pretoria die Curriebeker-wedstryd tussen die Blou Bulle en die Pumas. 

Ons is ook trots om aan te kondig dat daar hard gewerk word aan ‘n spesiale dokumenter oor Marius self wat die aand van die prysuitdeling as hoogtepunt sal vertoon word. Ons is ook soveel dank verskuldig aan Stefan Terblanche (oud-Springbok) wat via die SA Rugby Legends Association die dokumenter en die oorhandiging van die medalje aan sy ouers sal afneem en op die SA Rugby Legends Association TV program op SuperSport sal vertoon," lui die verklaring. 

You have no rights to post comments