Share

BlouBulleDie Blou Bulle se jaarlikse Prestige-rugbyaand sal volgende jaar uit sy nate bars. Nie minder as 24 skole van regoor Suid-Afrika het reeds bevestig dat hulle spanne na die rugbydag sal stuur. 

Die Prestige-aand sal volgende jaar op 6 Maart op Loftus Versfeld plaasvind. Vir die eerste keer in die kort bestaan sal daar 'n skool vanuit die Wes-Kaap in aksie wees. Boland Landbou van die Agter-Paarl het sy deelname aan die dag bevestig. 

Dit is gepas dat Boland Landbou die eerste skool vanuit die Wes-Kaap is, om aan die Blou Bulle se dag deel te neem. Derick Hougaard, 'n oud-leerling en Springbok van die skool, het as die Liefling van Loftus in sy speeldae bekend gestaan. 

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sal ook volgende jaar vir die eerste keer aan die dag op sy voorstoep deelneem. Ander nuwelinge wat vir di eerste keer op die rugbyaand in aksie sal wees is: Duineveld van Upington, Frikkie Meyer van Thabazimbi, Witteberg van Bethlehem, HTS Middelburg en Transvalia.

Die skole wat hul deelname bevestig het: 

Boland Landbou, Affies, Pretoria Boys' High, Menlopark, Garsfontein, St. Alban's College, Zwartkop, Oos-Moot, Curro Heuwelkruin, Frikkie Meyer, Noordheuwel, Monument, Jeppe High School for Boys', EG Jansen, Kempton Park, Transvalia, HTS Middelburg, Diamantveld, Duineveld, Welkom Gimnasium, Goudveld, Voortrekker (Bethlehem), Witteberg, Potchefstroom Gimnasium.

You have no rights to post comments