Share

U17 Sevens LogoDie Westelike Provinsie is die 2017-kampioen van Saru se o.17 interprovinsiale-sewestoernooi na hy KwaZulu-Natal met 29-12 in die eindstryd op Tafel Lager-park in Kimberley verslaan het. Die Streeptuie het nie sy gelyke in die Diamantstad gehad nie. 

Dit is die derde keer dat WP die titel sedert die ontstaan van die toernooi in 2011 verower het. Die unie was in 2014 en 2015 ook as kampioen gekroon. Die kampioen se William Rose het die toernooi as die voorste puntemaker afgesluit. Hy het 51 punte tydens die toernooi opgestapel. 

Die Streeptruie het Boland met 26-14 in die halfeindronde uitgeskakel. KwaZulu-Natal het sy plek in die eindstryd met 'n oorwining van 26-12 oor die Goue Leeus bespreek. Die twee spanne was in dieselfde groep geloot en die Piesangboere het hier ook met 27-19 as oorwinnaars van die veld gestap. 

Die Goue Leeus het die verdedigende kampioen, Vrystaat, met 28-10 in die kwarteindronde uitgeskakel. WP het sy kwarteindstryd teen die Griffons redelik gemaklik met 45-0 gewen. Die Piesangboere moes ietwat harder werk vir hulle plek in die halfeindronde deur Suidwestelike Distrikte met 24-10 te troef. 

Boland se Ethinique Adams het met sewe driee die toernooi as die voorste driedrukker afgesluit. Jurich Claassens (Blou Bulle), Marno April (Griffons) en Coenraad Visser (Pumas) het elk ook ses keer 'n draai gedurende die toernooi agter die doellyn gemaak. 

Al die uitslae:

Groep A: Vrystaat 31, Suidwestelike Distrikte 14; Valke 26, Grens 12; Suidwestelike Distrikte 24, Valke 14; Vrystaat 31, Grens 7; Suidwestelike Distrikte 19, Grens 7; Vrystaat 41, Valke 5.

Groep B: Blou Bulle 31, Griekwas 29; Westelike Provinsie 38, Pumas 14; Blou Bulle 38, Pumas 14; Westelike Provinsie 40, Griekwas 12; Westelike Provinsie 33, Blou Bulle 19; Pumas 26, Griekwas 19.

Groep C: Boland 59, Limpopo Blou Bulle 5; Luiperds 26, Griffons 21; Boland 26, Luiperds 17; Griffons 42, Limpopo Blou Bulle 21; Griffons 35, Boland 14; Luiperds 31, Limpopo Blou Bulle 15.

Groep D: KwaZulu-Natal 26, Oostelike Provinsie 5; Goue Leeus 26, Oostelike Provinsie 12; KwaZulu-Natal 27, Goue Leeus 19.

Kwarteindronde - Bowl: Pumas 38, Limpopo Blou Bulle 5; Griekwas 26, Luiperds 10; Oostelike Provinsie 24, Grens 17; Valke dring regstreeks deur tot halfeindronde. Beker: Goue Leeus 28, Vrystaat 10; KwaZulu-Natal 24, Suidwestelike Distrikte 10; Westelike Provinsie 45, Griffons 0; Boland 42, Blou Bulle 27.

Halfeindronde - Shield: Limpopo Blou Bulle 12, Luiperds 0; Grens dring regstreeks deur tot eindronde. Bowl: Oostelike Provinsie 35, Valke 21; Pumas 19, Griekwas 14. Plaat: Vrystaat 26, Suidwestelike Distrikte 19; Griffons 38, Blou Bulle 12. Beker: KwaZulu-Natal 26, Goue Leeus 12; Westelike Provinsie 26, Boland 14. 

Eindstryde - Shield: Luiperds 19, Grens 12. Bowl: Pumas 28, Oostelike Provinsie 12. Plaat: Vrystaat 42, Griffons 12. Beker: Westelike Provinsie 29, KwaZulu-Natal 12.

You have no rights to post comments