Share

NoordSuidDrie nuwe spanne sal in 2018 aan die jaarlikse Barloworld Menlyn Noord/Suid-toernooi deelneem. Monument van Krugersdorp en Durbanville sal volgende jaar vir die eerste keer op die toernooi te sien wees, terwyl Grey-kollege van Bloemfontein se tweede span, die Cherries, wel al aan die toernooi deelgeneem het. 

Die toernooi word volgende jaar deur Menlopark in Pretoria aangebied. 

Grey-kollege sal slegs die Saterdag in aksie wees wanneer hy vir slegs die tweede keer in die geskiedenis teen Garsfontein sal kragte meet. Boland Landbou sal nie op die Saterdag in aksie wees nie, maar sal wel op die eerste dag in 'n strawwe stryd teen Monument gewikkel wees.

Durbanville sal in sy eerste wedstryd teen Waterkloof te staan kom, terwyl sy tweede wedstryd teen EG Jansen van Boksburg sal wees. 

Die gasheer sal in sy twee wedstryde teen Stellenberg en Outeniqua te staan kom. Paarl Gimnasium sal vir EG Jansen en Waterkloof die stryd aanse. 

Die bepalings is: 

Woensdag, 28 Maart 2018

Waterkloof vs Durbanville
Garsfontein vs Outeniqua
EG Jansen vs Paarl Gimnasium
Monument vs Boland Landbou
Menlopark vs Stellenberg

Saterdag, 31 Maart 2018 

EG Jansen vs Durbanville
Monument vs Stellenberg
Waterkloof vs Paarl Gimnasium
Garsfontein vs Grey-kollege
Menlopark vs Outeniqua

You have no rights to post comments