Share

PaarlGim7sDaar was 'n bietjie Kwagga-magic en Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch is as die eerste onbestwiste kampioen van die Marius Schoeman Sewes-toernooi (o.17) gekroon. Die span van die Eikestad het Stellenberg met 29-7 in die eindstryd van die toernooi 

Dit was veral die Speler van die Toernooi, Tiaan Pretorius, wat met sy spel vir Paul Roos se teenstanders probleme besorg het. Pretorius was woelig in die los en elke keer wat hy 'n halwe gaping gekry het, het hy regdeur gehardloop. Hy is die neef van die Blitsbok Kwagga Smith en is gewis ook 'n speler om dop te hou in die toekoms. Sy pa, Torros Pretorius, het in 54 wedstryde vir die Pumas se seniorspan uitgedraf. 

Paul Roos se breier, Ian Campbell-McGeachy, is ook Maties se sewesbreier en dit was van die begin af duidelik dat die span van die Eikestad een van die spanne sou wees om te klop indien jy met die titel wou wegstap. 

Kade Wolhuter, Johnnie Solms en Jarrod Cairns het ook goeie toernooie vir die kampioen beleef.  

Paul Roos het sy plek in die eindstryd met 'n sege van 19-14 oor Boland Landbou se Blitz Boere bespreek. Boland Landbou het so bietjie hulp van die skeidsregter ontvang om tot die halfeindronde te vorder in sy kwarteindstryd teen Grey-kollege van Bloemfontein. Die Blitz Boere het na 'n geelkaart steeds met sewe spelers aanhou speel en boonop twee keer gaan druk in hulle oorwinning van 21-14 oor Grey. 

Stellenberg was in 'n derby in die ander halfeindstryd gewikkel teen Durbanville. Stellenberg wat deur Bobby Joubert gebrei is, het met 21-14 as oorwinnaars van die veld gestap. 

Die Donkies van HTS Drostdy het ook 'n goeie toernooi beleef en vir die Hoër Jongenskool Paarl met 19-12 in die Plaat-eindstryd verslaan. Die span van Worcester se Shaun Baxter, Christie Grobbelaar, Cohen Jasper en Heinrich Naude het deurgans goeie spel opgedis. 

Al die uitslae: 

Groep A Groep B
Paul Roos Gimnasium 41-7 Albert Myburgh Hermanus 21-12 Grey College
Douglas 21-14 Parel Vallei Paarl Boishaai 78-0 Prieska
Boland Landbou 40-0 Hugenote (Wellington) Noordheuwel 12-12 Paulus Joubert
Paul Roos Gimnasium 61-5 Parel Vallei Hermanus 36-7 Prieska
Hugenote (Wellington) 19-19 Albert Myburgh Grey College 24-12 Paulus Joubert
Boland Landbou 59-0 Douglas      
           
           
      Grey College 17-7 Paarl Boishaai
           
           
Paul Roos Gimnasium 20-14 Boland Landbou Paarl Boishaai 76-0 Paulus Joubert
Groep C Groep D
Paarl Gimnasium 17-7 Brackenfell Westville Boys' High 31-19 HTS Drostdy
Monument 21-0 Milnerton Northern Kings 57-0 Stellenberg
Overberg  17-10 Connect Academy Durbanville 24-5 Malibu
Paarl Gimnasium 36-0 Connect Academy HTS Drostdy 56-7 Northern Kings
Brackenfell 26-19 Milnerton Westville Boys' High 22-19 Malibu
           
Brackenfell 33-27 Monument      
Paarl Gimnasium 41-5 Overberg Malibu 33-5 Northern Kings
      Durbanville 40-15 Westville Boys' High
           
           
           
           
Monument 38-21 Paarl Gimnasium HTS Drostdy 31-24 Durbanville
           

KWARTEINDRONDES 

BEKER
Boland Landbou 21-14 Grey College
Stellenberg 19-17 Paarl Gimnasium
Durbanville 26-19 Monument
Paul Roos    

HALFEINDRONDES

PLAAT Paarl Boishaai 31-14 Hermanus
HTS Drostdy 26-24 Westville Boys' High
BEKER Paul Roos Gimnasium 19-14 Boland Landbou
Stellenberg 21-14 Durbanville

EINDSTRYDE

BOWL Albert Myburgh   Malibu
PLAAT HTS Drostdy 19-12 Paarl Boishaai
BEKER Paul Roos Gimnasium 29-7 Stellenberg

You have no rights to post comments