Share

PaarlGim7sDie grootste skolerugby sewestoernooi nog ooit in Suid-Afrika vind Saterdag op die velde van Paarl Gimnasium plaas. Nie eers een van die voormalige @lantic Sewesreeks se Kampioen van Kampioene-toernooie het soveel spanne van hoë gehalte in aksie gehad nie. 

Tradisionele rugbyskole soos Paarl Gimnasium, Grey-kollege, die Hoër Jongenskool Paarl, Paul Roos Gimnasium en Monument van Krugersdorp sal almal aan die eerste Marius Schoeman 7's in Paarl deelneem. Marius Schoeman, wat die bestuurder van die SA Sewes-akademie is, is 'n oudleerling van die gasheer, Paarl Gimnasium. Die kampioen sal met 'n koel R15 000 wegstap. 

Al die wedstryde op die JA Kriel-veld sal regstreeks op Fanstream.co.za gebeeldsend word. Wedstryde kan via die webtuiste op jou selfoon, tablet, skootrekenaar of Slim TV na gekyk word. DigiComms, aan wie Fanstream behoort, is die titelborg van die toernooi.

Buiten die sogenaamde "rugby adel" sal Boland Landbou, Stellenberg, HTS Drostdy se Donkies, Brackenfell, Westville Boys' High, Hugenote van Wellington en Durbanville ook spanne wees wat nie ligtelik tydens die toernooi opgeneem kan word. 

Die toernooi is deel van die Hoërskole Sewesreeks wat deur Darryl Weir georganiseer word. Travel and Sport sal ook spelers tydens die toernooi identifiseer wat later vanjaar aan die Dubai Sewes sal deelneem. 

Daar sal 'n ongelooflike 81 wedstryde in die o.17-toernooi gespeel word. Die 81ste is die eindstryd wat om 18:40 sal plaasvind. Daar sal ook 'n o.15-toernooi as o.12 toernooi (Vrydag) deur Paarl Gimnasium aangebied word. 

Die bepalings van die o.17-toernooi is:

JA Kriel - 08:00: Boland Landbou vs Hugenote; 08:20: HTS Drostdy vs Westville Boys' High; 08:40: Paarl Gimnasium vs Brackenfell; 09:00: Prieska vs Paarl Boys’ High; 09:20: Boland Landbou vs Douglas; 09:40: Westville Boys' High vs Malibu; 10:00: Brackenfell vs Milnerton; 10:20: Paarl Boys' High vs Noordheuwel; 10:40: Boland Landbou vs Albert Myburgh; 11:00: Westville Boys' High vs Northern League; 11:20: Monument vs Brackenfell; 11:40: Prieska vs Paulus Joubert; 12:00: Boland Landbou vs Parel Vallei; 12:20: Westville Boys vs Durbanville; 12:40: Brackenfell vs Paulus Joubert; 13:00: Prieska vs Douglas; 13:20: Boland Landbou vs Paul Roos; 13:40: Westville Boys' High vs Stellenberg; 14:00: Brackenfell vs Overberg; 14:20: Paarl Boys’ High vs Paulus Joubert.

Oukraal - 08:00: Grey College vs Hermanus; 08:20: Parel Vallei vs Albert Myburgh; 08:40: Durbanville vs Malibu; 09:00: Milnerton vs Monument 09:20: Grey College vs Paarl Boys’ High; 09:40: Hugenote vs Albert Myburgh; 10:00: HTS Drostdy vs Northern League; 10:20: Monument vs Overberg; 10:40: Grey College vs Prieska; 11:00: Paul Roos Gimnasium vs Hugenote; 11:20: Stellenberg vs HTS Drostdy; 11:40: Milnerton vs Connect Academy; 12:00: Grey College vs Noordheuwel; 12:20: Hugenote vs Douglas; 12:40: HTS Drostdy vs Malibu; 13:00: Milnerton vs Overberg; 13:20: Grey College vs Paarl Boys’ High; 13:40: Hugenote vs Parel Vallei; 14:00: HTS Drostdy vs Durbanville; 14:20: Monument vs Connect Academy.

Fonteintjie - 08:00:Overberg vs Connect Academy; 08:20: Noordheuwel vs Paulus Joubert; 08:40: Albert Myburgh vs Paul Roos Gimnasium; 09:00: Northern League vs Stellenberg; 09:20: Paarl Gimnasium vs Connect Academy; 09:40: Hermanus vs Prieska; 10:00: Paul Roos Gimnasium vs Parel Vallei; 10:20: Stellenberg vs Durbanville; 10:40: Paarl Gimnasium vs Milnerton; 11:00: Paarl Boys' High vs Hermanus; 11:20: Albert Myburgh vs Douglas; 11:40: Northern League vs Malibu; 12:00: Paarl Gimnasium vs Overberg; 12:20: Hermanus vs Paulus Joubert; 12:40: Albert Myburgh vs Parel Vallei; 13:00: Northern League vs Durbanville; 13:20: Paarl Gimnasium vs Monument; 13:40: Hermanus vs Noordheuwel; 14:00: Paul Roos Gimnasium vs Douglas; 14:20: Stellenberg vs Malibu.

Uitspeelwedstryde: 

JA Kriel - 15:00: A5 vs B6 (EE); 15:20: D5 vs D6 (HH); 15:40: C3 vs D4 (CD); 16:00: B1 vs A2 (BB); 16:20: EE vs FF; 16:40: CD vs DC; 17:00: AA vs BB; 17:40: Bowl-eindstryd; 18:00: Plaat-eindstryd; 18:40: Beker-eindstryd. 

Oukraal - 15:00: B5 vs A6 (FF); 15:20: A3 vs B4 (AB); 15:40: D3 vs C4 (DC); 16:00: C1 vs D2 (CC); 16:20: GG vs HH.

Fonteintjie - 15:00: C5 vs D6 (GG); 15:20: B3 vs A4 (BA); 15:40: A1 vs B2 (AA); 16:00: D1 vs C2 (DD); 16:20: AB vs BA.

You have no rights to post comments