Share

Rustenburg 1Hoërskool Rustenburg se sewes-rugbyspan het Waterkloof van Pretoria in die doodsnikke van die eindstryd van die Rustenburg-been van die Hoërskole Sewesreeks met 24-19 verslaan. Die gasheer het vinnig 'n voorsprong van 19-0 opgebou, waarna Klofies terug geveg het om met 21-19 voor te loop.

Rustenburg het met speeltyd reeds verstreke sy hand op die trofee gekry deur die wendrie te druk. Rustenburg kwalifiseer hiermee om later vanjaar aan die Kampioen van Kampioene-toernooi deel te neem.  

Rustenburg het sy plek in die eindstryd met 'n klinkende sege van 29-5 oor Noordheuwel van Krugersdorp bespreek. Dit was die span van Krugersdorp se enigste nederlaag tydens die toernooi. Nories se Devan de Bruin en Renier Stander het deurgans uitstaande spel tydens die toernooi gelewer. 

Waterkloof moes ietwat harder werk vir sy plek in die eindstryd. Hy het Lichtenburg met 15-5 in die ander halfeindstryd verslaan. Klofies moes ook in sy groepwedstryd teen Kempton Park hard werk vir 'n oorwinning van 12-10. 

Hoërskool Alberton het in die Plaat-afdeling koning gekraai. Hy het vir Wesvalia van Klerksdorp met 31-5 in die eindstryd die loef afgesteek.

In die o.15-afdeling kon niemand kers met Hoërskool Rustenburg vashou nie. Die tuisspan het Kempton Park met 34-14 oortuigend in die eindstryd verslaan. Rustenburg het wel met 12-10 teen die Hoërskool Middelburg in die halfeindstryd deurgeskuur. Kempies het hulle plek in die eindstryd met 'n sege van 24-14 oor Die Anker bespreek. 

Al die uitslae (o.18): 

Groep A: Hoërskool Alberton 40, Selly Park 0; Lichtenburg 41, Selly Park 0; Lichtenburg 36, Hoërskool Alberton 0. 

Groep B: Waterkloof 41, Dr. Malan 0; Kempton Park 47, Dr. Malan 5; Waterkloof 12, Kempton Park 10.

Groep C: Noordheuwel 31, Wesvalia 5; Wesvalia 29, Montana 24; Noordheuwel 19, Montana 19.

Groep D: Hoërskool Rustenburg 43, Wagpos 5; Hoërskool Rustenburg 24, Die Anker 5; Die Anker 20, Wagpos 10.

Kwarteindstryde - Beker: Noordheuwel 17, Die Anker 10; Lichtenburg 26, Kempton Park 21; Waterkloof 33, Hoërskool Alberton 7; Hoërskool Rustenburg 17, Wesvalia 7. 

Halfeindstryde - Beker: Hoërskool Rustenburg 29, Noordheuwel 5; Waterkloof 15, Lichtenburg 5. Plaat: Hoërskool Alberton 7, Kempton Park 0; Wesvalia 10, Die Anker 7. Bowl: Montana 34, Wagpos 7; Dr. Malan dring regstreeks deur na eindstryd.

Eindstryde - Beker: Hoërskool Rustenburg 24, Waterkloof 21. Plaat: Hoërskool Alberton 31, Wesvalia 5. Bowl: Montana 46, Dr. Malan 0. Skild: Wagpos verower skild. 

You have no rights to post comments