Share

31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

Die verdedigende kampioen van die Noordvaal Virsekerbeker vir Kleinskole, Curro Heuwelkruin van Polokwane, moes Saterdag sweet om die uitspeelwedstryde van vanjaar se streekkompetisie as Limpopo-kampioen te betree.

Curro Heuwelkruin het naelskraaps met 20-19 vir Stanford Lake College in die eindstryd verslaan om as Limpopo-kampioen gekroon te word. Die span van Polokwane dring regstreeks tot die kwarteindronde van die Virsekerbeker deur. Hy sal teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen Maragon Olympus en Sannieshof in sy kwarteindstryd te staan kom.

Stanford Lake College sal in die enigste ander uitspeelwedstryd vir ‘n plek in die kwarteindronde teen die Puma-kampioen, Morgenzon Landbou, gewikkel wees.

Morgenzon Landbou het nie veel genade in die Puma-eindstryd vir Hendrina gehad nie. Die Puma-kampioen het Hendrina met 69-14 van die veld gespeel.

Koster het met ‘n sege van 23-8 oor Sannieshof vir hom ‘n afspraak in die kwarteindronde met die Valke-kampioen vasgemaak.
Die Valke se kampioen, Heilbron, het besluit om sy deelname aan die uitspeelrondes van die kompetisie te onttrek. Heilbron het Balfour met 36-15 in die eindstryd geklop.

Curro Roodeplaat is die nuwe Blou Bul-kampioen na hy Vrydag vir Maragon Olympus met 22-12 in die eindstryd verslaan het.
Koster sal vanjaar ook weer sterk aanspraakmakers op die titel wees. Verlede jaar se naaswenner het Saterdag vir Sannieshof met 23-8 geklop om sy titel as Luiperd-kampioen te behou.

Puntemakers:

BLOU BULLE

Curro Roodeplaat 22 - Drieë: Franco Willemse, Ruben Koekemoer, Alexander Jenkinson, Andries van Straten. Doelskop: Ruben Behrens. Maragon Olympus 12.

Ander spanne:

o.15: Curro Roodeplaat 8, Maragon Olympus 7.

LUIPERDS

Koster 23 - Drieë: Gavin Botha, Ricardo Janse van Vuuren, JW Kotze, Anton Roets. Strafdoel: Roets. Sannieshof 8.

Ander spanne:

o.17: Christiana 22, Orkney 12.

o.15: Christiana 31, Koster 7.

LIMPOPO

Curro Heuwelkruin 20 - Drieë: Reece Wynne, Kapi Nchabaleng. Doelskoppe: Andre Kotze (2). Strafdoele: Kotze (2). Stanford Lake College 19 - Drieë: Mfumo Mongwe (2), Renato Viera. Doelskoppe: Mongwe (2).

Ander spanne:

o.15: Stanford Lake College 21, Curro Heuwelkruin 14.

PUMAS

Morgenzon Landbou 69 - Drieë: Kyle Coetzee (3), Ruan Nortje (2), Christo Ferreira (2), Xander Gunter, Kobie Roux, Shaun Clifton-Smith, Wimpie Oosthuizen. Doelskoppe: Gunter (7). Hendrina 14.

Ander spanne:

o.17: Morgenzon Landbou 67, Hendrina 5.

o.15: Morgenzon Landbou 14, Curo Bakenveld 3.

VALKE

Heilbron 36 - Drieë: J Strydom (2), G Claassen (2), JJ Joubert, W Snyman. Doelskoppe: Joubert (3). Balfour 15 - Drieë: Dirk Lafaro, Chris Botha, Rick Taljaard.

Ander spanne:

o.17: Heilbron 29, Balfour 7.

o.15: Balfour 26, Heilbron 14. 

You have no rights to post comments