Share

NewsGFranckeHornEen van die groot aanspraakmakers om later vanjaar die Suid-Afrikaanse Skole-span aan te gevoer het, Francke Horn, sal ongelukkig nie vanjaar aan die Coca-Cola Cravenweek by St Stithians College wat more begin in aksie wees nie.

Die agtsteman van Westelike Provinsie moes hom aan die toernooi onttrek na hy met die Parvo-virus B19 gediagnoseer is.
“Ek het moeg gevoel na slegs ‘n paar minute se oefening en ‘n steekpyn in my bors gehad,” het Horn gesê oor hoe hy besef het dat daar dalk iets fout is. Drie van sy hartkamers is vergroot, maar hy moet slegs tussen ses weke en twee maande rus om volkome te herstel.

Horn wat ook land se voorste skolespan die Hoër Jongenskool Paarl aanvoer sal die res van die seisoen as ‘n toeskouer op die paviljoen deurbring. Hy sal dus nie vanjaar vir die SA Skole-span oorweeg kan word nie en ook die grootste interskole ter wêreld vir sy skoolspan teen Paarl Gimnasium misloop.

Horn het reeds ‘n kontrak met die Westelike Provinsie gesluit om sy loopbaan volgende jaar in Kaapstad voort te sit. Horn was verlede jaar op die Akademie-week in aksie en het vyf keer die doellyn in sy span se drie wedstryde oorgesteek.

Horn is die oudste seun van Francois Horn wat steeds die record hou vir die meeste punte in ‘n seisoen vir Boland wat hy gedurende die 1996-seisoen opgestel het.

School of Rugby het besluit of soos verlede jaar weer ‘n SA Skole-span te kies. Horn was voor sy onttrekking ons kaptein, maar Grey-kollege se senter en hoofseun, Rikus Pretorius, sal ons span lei.

Spelers wat reeds verlede jaar vir die nasionale span in aksie was en vanjaar weer vir dié span behoort uit te draf is Muller du Plessis (heelagter) en Pretorius. Pretorius het reeds belsuit om sy loopbaan volgende jaar ook by WP voort te sit.

Du Plessis het een van die grootste kontrakte vir juniors vanjaar aanvaar. Hy sal glo R480 000 volgende jaar by die Sharks verdien.

Die SA Skole-keurders sal soos die afgelope paar jaar ‘n SA Skole sowel as ‘n SA Skole A-span kies vanuit die Craven- en Akademie-weke. Die keurders hou die spelers van die begin van die seisoen af dop, maar sal vanjaar ‘n veel moeiliker taak hê om op sy uitsoekgroep van 26 spelers te besluit. 

Die twee spanne sal in Augustus weer teen Engeland, Frankryk en Wallis se o.19-spanne uitdraf.

School of Rugby se SA Skole-span:

Voorspelers: Pepsi Buthelezi (KZN), Philip Potgieter (Blou Bulle), Mark Snyman (Leeus), Bongumenzi Dlamini (Pumas), Dylan Kruger (KZN), JJ van der Mescht (KZN), Adrian Alberts (WP), Stephan le Roux, Keagan Glade, Asenathi Ntlabakanye (albei Leeus) James Combrinck (Blou Bulle), Joshua du Preez (WP), Morné Brandon (Leeus), Joshua Muller (WP).

Agterspelers: Muller du Plessis (WP), Andrew Kota (Griffons), Thaakier Abrahams (WP), Sebastiaan Jobb (GW-platteland), Kennedy Mpeku (Leeus), Diego Appollis (Blou Bulle), Marnus Potgieter (Blou Bulle), Rikus Pretorius, Christopher Schreuder (albei Vrystaat), David Coetzer (Grens), Sanele Nohamba (KwaZulu-Natal), Romeo Eksteen (Boland).

You have no rights to post comments