Share

31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

Dylan Schwartz of Dr EG JansenDr. EG Jansen van Boksburg vuur weer op al sy silinders na die span se seisoen ‘n insinking weens ‘n klomp beserings beleef het. Die Jansies se Saterdag vir Florida ‘n pakslae van 75-7 toegedien.

Die span se skitterende losskakel, Ruben Beytell, was soos meeste kere aan die voorpunt van die oorwinning. Beytell het vier keer die doellyn oorgesteek om sy totaal vir die seisoen tot 21 drieë opgeskuif. Hy het al sedert sy o.15-dae ‘n ongelooflike 106 drieë vir EG Jansen gedruk. Beytell was ‘n leerling van die Hoërskool Stoffberg in Brakpan in sy graad agt jaar.

Buiten Beytell is die senter Dylan Schwartz ook ‘n puntemasjien vanjaar. Schwartz het Saterdag 30 van sy span se punte teen Florida aangeteken. Hy het twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak en ook tien doelskoppe oorgeklits.

Eldoraigne en Centurion is die twee voorste spanne in die B-afdeling van die Blou Bulle se Makroskole-liga. Eldos het Saterdag vir Wonderboom met 60-14 kaf gedraf. Die span se kaptein en flank, Franco van Wyk, het ‘n uitmuntende vertoning met twee drieë gevier.

Agterlangs het die skakelpaar, Erik Calitz (skrumskakel) en Shayne Bolton (losskakel), saam met die senter Riaan Burger blink vertonings opgedis.

Centurion het HTS John Vorster met 68-13 verslaan. Die Woeries het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 35-8 opgebou. Montana sal ook tevrede met hul oorwinning van 22-17 oor Zwartkop voel.

Uitslae en Puntemakers: 

BLOU BULLE

Eldoraigne 60 - Dreë: Marvin Pietersen (2), Franco van Wyk (2), Ruan Kotze, Dylan Lawless, Shayne Bolton, De Wet Pretorius, Gerhard Lotter. Doelskoppe: Marcell Venter (4), Riaan Burger. Wonderboom 14 - Drieë: Jacques van der Merwe, Nico Coetzee. Doelskoppe: Ruan du Preez (2).

Centurion 68 (35) - Drieë: Meyer Herbst (2), Kevin Osborne (2), Nicky Janse van Rensburg, Wayne Joubert, Zander Louw, Christiaan Booyse, Duncan du Plessis. Doelskoppe: Eathan Wentzel (9). HTS John Vorster 13 (8).

Montana 22 - Drieë: Thys Loubser, Dreyer van der Berg, Jared Crafford. Doelskoppe: Crafford, Loubser. Strafdoel: Crafford. Zwartkop 17 - Drieë: Mauritz Maritz, Quinton Botha. Doelskoppe: Miche Groenewald (2). Strafdoel: Groenewald.

Ander spanne:

o.16: Eldoraigne 51, Wonderboom 7; Centurion 38, HTS John Vorster 27; Montana 45, Zwartkop 14. 

o.15: Eldoraigne 67, Wonderboom 13; Centurion 17, HTS John Vorster 14; Montana 28, Zwartkop 10. 

o.14: Eldoraigne 36, Wonderboom 12; HTS John Vorster 40, Centurion 14; Zwartkop 10, Montana 3.

VALKE

EG Jansen 75 - Drieë: Ruben Beytell (4), Wesley Noeth (2), Jonathan O'Neill (2), Dylan Schwartz (2),Franco van Eeden. Doelskoppe: Schwartz (10). Florida 7 - Drie: Damian Calitz. Doelskop: Tino Swanepoel.

Kempton Park 19 - Drieë: Xander Terblanche, Darren Luyt, Darquin Els. Doelskoppe: Quinton Fincham (2). Hoërskool Rustenburg 16.

Ander spanne:

o.16: EG Jansen 62, Florida 28; Kempton Park 29, Rustenburg 25.

o.15: EG Jansen 45, Florida 3; Rustenburg 9, Kempton Park 6.

o.14: EG Jansen 12, Florida 10; Rustenburg 34, Kempton Park 3.

You have no rights to post comments