Share

NewsGWikusLindequeDie Hoërskool Waterkloof se Blou Tornado wat verlede week ‘n briesie teen Helpmekaar (8-45) was het gister teen orkaan-sterkte vir Affies gestref. Klofies het met 24-15 as oorwinnaars van die veld gestap.

Waterkloof het deurgans teen ‘n hoë tempo gespeel en was deurgans in beheer. Affies se Wit Bulle het wel versagtende omstadighede met die beseringspook wat voor die wedstryd elf van hulle spelers platgetrek het. Affies se kaptein en haker, Johan van Zyl, moes boonop ook in die tweede helfte met ‘n besering die veld verlaat.

Dit moet egter nie enige van die glans van Kloof se oorwinning wegvat nie. Die besoekers het teen rustyd met 14-10 voorgeloop. Klofies het die bal hope lug gegee en die vleuel PJ Krugell het twee keer die doellyn oorgesteek.

Buiten Krugell het die skakelpaar, Giovan Snyman en Ulrich Maritz, asook die vaskopstut, Gerrit Visser, uitmuntende wedstryde beleef.

Affies se flank Jaco Labuschagné was sy span se beste speler op die dag.

Monument van Krugersdorp se Wit Bulle het sy oorhand in sy interskole met Glenwood met ‘n sege van 30-17 behou. Monnas het teen rustyd ‘n skrale voorsprong van 6-5 danksy twee strafdoele deur sy losskakel, Jonathan Viljoen, geniet.

Die Wit Bulle het in die tweede helfte beheer van sake gevat en teen die 50ste minuut was die koël met die telling op 30-5 in hul guns reeds deur die kerk. Die span se flank Franco Schutte het soos gewoontlik die veld vol gespeel.

NewsGFransMalanDie Hoërskool Nelspruit se Rhinos is die nuwe kampioen van die Pumas se Makroskole-liga na hulle die verdedigende kampioen, HTS Middelburg, met 22-17 in ‘n klipharde eindstryd in Mbombela verslaan het.

Nelspruit dring met die oorwinning direk tot die kwarteindronde van die Virsekerbeker deur. Hy sal hier teen die Blou Bulle se naaswenner te staan kom.

Die Rhinos se skrumskakel, Joao Christovam, was die grootste verskil tussen die twee spanne met sy spel, berig Lisa van Rooyen.

Vir HTS Middelburg se Rooi Bulle het Carlo Nortjé (loskopstut) nie net die Rhinos in die skrums opdraende gegee nie, maar ook in die los gewoel.

EG Jansen van Boksburg se briljante losskakel, Ruben Beytell, het vier keer in sy span se weghol-oorwinning van 75-7 oor Florida gaan kuier. Beytell spog nou met ‘n ongelooflike 106 drieë vir EG Jansen sedert sy o.14-dae.

Die buitesenter, Dylan Schwartz, het 30 punte met twee drieë en tien doelskoppe in die wedstryd aangeteken. Kempton Park het hard gewerk om die Hoërskool Rustenburg met 19-16 te troef.

Outeniqua het vir Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn met 81-20 afgestof. Die Kwaggas se senter Darren Fortuin en albei die vleuels, Aylen Schabort en Cullen Joseph, het het driekunste behaal. Veral Schabort het met sy vertoning gewys dat hy volgende jaar een van die spelers sal wees om dop te hou.

Die haker, Stephan Leonard, het met ‘n skitterende vertoning gewys dat die Cravenweek-keurders dalk ‘n fout begaan het om hom oor te sien vir die span van die Volstruisboere wat later vanjaar in Johannesburg aan die toernooi gaan deelneem.

Die Kwaggas se losskakel, James Mollentze, het 21 van sy span se punte met ‘n drie en agt doelskoppe aangeteken.

Helpmekaar-kollege het ‘n naelskraapse sege van 28-27 oor Garsfontein op Berepark in Pretoria behaal. Helpies het verlede jaar ook met ‘n enkele punt vir Garsies verslaan. Garsfontein se losskakel, Barry Schoombee, se strafdoel-poging van meer 60 meter met die hoek in ag genome na die sirene reeds geloei het, was net-net skeef.

SACS van Kaapstad was in ‘n vernietigende bui en het Hoërskool Durbanville met 100-0 afgeslag. Hy het teen rustyd reeds ‘n meer as gerieflike voorsprong van 39-0 geniet. Die enigste driekuns is deur die haker, Anathi Kalipa, gedruk.

Bekker het ook in die week kuikenmoord gepleeg toe hy vir HTS Carel de Wet met 111-0 verniel het. Die span van Magaliesburg is sonder twyfel een van die gunstelinge om vanjaar die trofee as kampioen van die Virsekerbeker vir Mediumskole omhoog te hou.

Die wenspan se losskakel, Ernst Louw, het ‘n ongelooflike 41 punte in die sege opgestapel. Hy het drie drieë gedruk en ook 13 van sy span se 17 drieë verdoel. Sy skakelmaat, Anthony Smith het vier keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. Die agtsteman, Didi Sekati, het ook ‘n driekuns aan drieë behaal.

Die Hoër Jongenskool Paarl moes behoorlik net buite Riversdal sweet om sy 49ste agtereenvolgende sege in Suid-Afrika te behaal. Die span van die Paarl het met 36-31 oor Oakdale Landbou koning gekraai. ‘n Sterk en warm wind het gewaai wat spel bemoeilik het. Die lang seisoen na ‘n toer deur Nieu-Seeland is ook besig om Boishaai se spelers te tap.

In ‘n jaar vol verrassings is St Andrew’s College van Grahamstad die groot wild jagters. Die span het Grey High School van Port Elizabeth in ‘n opwindende wedstryd met 41-36 verslaan. Die span het ook verras deur verlede week vir Selborne College plat te trek.

Al die uitslae: 

NOORDVAAL

Vriendskaplik: Waterkloof 24, Affies 15; Monument 30, Glenwood 19; Helpmekaar 28, Garsfontein 27; King Edward VII 18, St Benedict’s College 10; Parktown Boys’ High 34, St Alban’s College 26; Pretoria Boys’ High 34, St John’s College 23; Ellisras 17, Nylstroom 15, Pecanwood 28, De la Salle Holy Cross 22.

VIRSEKERBEKER

Blou Bulle – Makroskole: Eldoraigne 60, Wonderboom 14; Centurion 68, HTS John Vorster 13; Montana 22, Zwartkop 17. Grootskole: Oos-Moot 54, Midstream College 24. Mediumskole: Erasmus (Bronkhorstspruit) 41, HTS Tuine 5; Pretoria THS 51, HF Verwoerd 14; Curro Hazeldean 21, Uitsig 19. Kleinskole: Curro Roodeplaat 25, Maragon Olympus 10.

Goue Leeus – Makroskole: Marais Viljoen 42, Die Anker 24; Noordheuwel 57, Jeugland 7. Grootskole: Hoërskool Alberton 38, Randburg 5. Mediumskole: Bekker 111, HTS Carel de Wet 0; Leeuwenhof 32, Fochville 20; Trinityhouse 94, HTS Carel de Wet 7. Middelskole: Carletonville 56, Edenvale 3.

Limpopo – Grootskole: Ben Vorster 41, Hoërskool Pietersburg 29; Merensky 27, Louis Trichardt 21; Frikkie Meyer 50, HTS Tom Naudé 5. Mediumskole: Hans Strijdom 33, Piet Potgieter 0. Middelskole: Frans du Toit 36, Eric Louw 0.

Luiperds – Grootskole: Hoërskool Klerksdorp 38, Wesvalia 30; Potchefstroom 29, Lichtenburg 20. Mediumskole: Bergsig Akademie 25, Vryburg 13. Middelskole: Wolmaransstad 67, HTS Klerksdorp 5.

Pumas – Makroskole (Eindstryd): Hoërskool Nelspruit 22, HTS Middelburg 17. Grootskole: Ermelo 22, Standerton 11; Secunda 36, Rob Ferreira 9; Piet Retief 24, Ligbron 17.

Valke – Makroskole: EG Jansen 75, Florida 7; Kempton Park 19, Hoërskool Rustenburg 16. Grootskole: Vereeniging Gimnasium 19, Dr. Malan 10; Oosterlig 43, Birchleigh 7. Mediumskole: Stoffberg 60, Elspark 20.

VRYSTAAT/GRIEKWAS

Welkom-Gimnasium 41, HTS Welkom 10; Voortrekker 41, Wilgerivier 10; Witteberg 57, Goudveld 31; Hentie Cilliers 62, HTS Sasolburg 0; Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter 31, St Andrew (Bloem) 15; Hoopstad 38, Bultfontein 17; Riebeeckstad 25, Hoërskool Kroonstad 17.

OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

St Andrew’s College 41, Grey High School 36; Dale College 38, Kingswood College 5; Framesby 19, Brandwag (Uitenhage), 15; Selborne College 87, Cambridge 7; Stirling 43, Hoërskool Grens 5; Hilton College 17, Kearsney College 8; Hangklip 22, Cathcart High 20.

WESTERN CAPE

Hoër Jongenskool Paarl 36, Oakdale Landbou 31; Paarl Gimnasium 44, Bishops 24; Paul Roos Gimnasium 52, Rondebosch Boys’ High 15; SACS 100, Durbanville 0; Boland Landbou 35, Stellenberg 34; Outeniqua 81, Langenhoven Gimnasium 20; Brackenfell 30, DF Malan 5; HTS Drostdy 54, Hugenote (Wellington) 24; Worcester Gimnasium 26, Charlie Hofmeyr 17; Kasselsvlei 17, Monumentpark 13; Strand 22, De Kuilen 7; Hermanus 57, Bredasdorp 12; Tygerberg 47, Milnerton 12; Fairmont 49, President 5; JG Meiring 60, Fairburn College 5.

You have no rights to post comments