Share

NewsG VoortrekkerNá slegs vier rondes in die Griffon-liga is daar slegs een span, Welkom-Gimnasium, wat steeds met ‘n onoorwonne status kan spog. Gimmies is ook die verdedigende kampioen.

Die span van Welkom het Saterdag op sy tuisveld vir Voortrekker van Bethlehem met 36-19 verslaan. Dit was die Trekkers se eerste nederlaag in vanjaar se liga. Gimmies het teen rustyd ‘n voorsprong van 21-7 opgebou.

Die wenspan se heelagter, Andrew Kota, was weer op sy stukke en het 26 van sy span se punte aangeteken. Hy het twee van sy span se vier drieë gedruk, twee doelskoppe oorgeklits en ook met vier strafdoele geslaag.

Witteberg van Bethlehem het sy onoorwonne status ook prys gegee deur met 7-17 op ‘n nat en koue Saterdag teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad die knie te buig. Rooiskool het met die omdraaislag op sy tuisveld in Kroonstad reeds met 17-0 voorgeloop.

Witteberg is saam met die Trekker en Gimmies die vroeë gunstelinge om vanjaar die trofee omhoog te hou. Daar is duidelik nie veel tussen die spanne in vanjaar se Griffon-liga te kies nie. Rooiskool wat die derde posisie op die puntelys beklee is gewis ook 'n span om vanjaar dop te hou. 

Rooiskool se voorspelers Lihan Potgieter (slot), Valie Wiggens (haker) en Jannie Crous (loskopstut) het voorlangs die pap dik aangemaak. Agterlangs het die losskakel, Heinrich Boshoff, en die heelagter, Brendan van der Walt, uitstaande spel gelewer.

Wilgerivier van Frankfort het sy goeie spelpeil tot dusver voortgesit deur HTS Sasolburg met 57-7 kaf te draf. Die span het verlede week teen Rooiskool met 10-17 vasgeval, na hy vir Goudveld-Hoërskool met 26-20 verras het.

Goudveld se linkervleuel, Craig Colby, het ‘n driekuns aan drieë in sy span se oortuigende oorwinning van 57-11 oor HTS Welkom behaal. Gouties het teen lemoentyd ‘n voorsprong van 26-8 geniet.

Puntemakers:

Welkom-Gimnasium 36 (21): Drieë: Andrew Kota (2), JW Viljoen, Wian van Staden. Doelskoppe: Kota (2). Strafdoele: Kota (4). Voortrekker 19 (7): Drieë: Willie Naudé (2), AB Vermaak. Doelskoppe: Louis Viljoen (2).

Goudveld-Hoërskool 57 (26): Drieë: Craig Colby (3), Wikus Nieuwenhuis (2), Dante Barrett, Jacques Herbst, Evan Strydom, Triumph Baloyi. Doelskoppe: Lorenzo Cloete (6). HTS Welkom 11 (8).

AHS Kroonstad 17 (17): Drieë: PC van Rooyen, André Grant. Doelskoppe: Chappies van der Walt (2). Strafdoel: Van der Walt. Witteberg 7 (0): Drie: Barend Jonker. Strafdoel: Jonker.

HTS Sasolburg 7: Drie: James Mofokeng. Doelskop: Richard Mofokeng. Wilgerivier 57.

Puntestand: 

GriffonsPunte145

Vorige Uitslae: 

Ronde 1 

Welkom-Gimnasium 72, HTS Sasolburg 5 
Voortrekker 69, HTS Welkom 3
Witteberg 38, Hentie Cilliers 22
AHS Kroonstad 49, Goudveld 21

Ronde 2

Welkom-Gimnasium 27, AHS Kroonstad 20
Voortrekker 31, Hentie Cilliers 26
HTS Welkom 26, HTS Sasolburg 22
Wilgerivier 26, Goudveld 20

Ronde 3

Welkom-Gimnasium 60, Hentie Cilliers 12
Voortrekker 64, HTS Sasolburg 0
AHS Kroonstad 17, Wilgerivier 10
Witteberg 62, HTS Welkom 12

You have no rights to post comments