Share

NewsGBoishaaiDie Hoër Jongenskool Paarl het Saterdag sy aanspraak versterk om as die land se nie-amptelike skole-kampioenspan gekroon te word nadat hy met Grey Kollege in Bloemfontein afgereken het.

Boishaai het Grey met 46-31 verslaan en daarmee slegs die tweede span van dié Paarlse skool geword wat Grey in die Rosestad kon troef.

Dit was Boishaai se 46ste agtereenvolgende sege in Suid-Afrika. Die span het in 2014 laas in Suid-Afrika in die eindstryd van Die Burger se streekkompetisie met 10-11 teen Marlow Landbou vasgeval.

Die span, wat deur Sean Erasmus gebrei word, het wel vroeër vanjaar in Nieu-Seeland teen Christchurch Boys’ High (36-38) vasgeval.

Grey het met die telling op 17-15 in sy guns gaan rus. Boishaai het in die tweede helfte na ’n hoër rat oorgeskakel en veral sy kaptein en agtsteman, Francke Horn, en losskakel, Abner van Reenen, het met hul spel beïndruk.

SACS het op sy tuisveld in Kaapstad vir die eerste keer vanjaar sy rieme styfgeloop. Paul Roos Gimnasium het SACS met 29-24 die loef afgesteek. Die span van die Eikestad sal ná sy nederlae teen Waterkloof (25-38) en die Hoërskool Grey (20-22) in sy twee vorige wedstryde baie verlig voel om weer op die wenpad te wees.

Framesby van Port Elizabeth het ’n merkwaardige sege in die Agter-Paarl behaal deur Boland Landbou op sy tuisveld met 19-17 te troef. Framesby se losskakel, Riaan van Rensburg, wat drie strafdoele tussen deur die pale gejaag het, was die grootste verskil tussen die twee spanne.

King Edward VII het sy onoorwonne status vanjaar behou met weerlig wat sy wedstryd teen die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria onderbreek het. KES was met 17-5 voor toe spel ná 26 minute weens die weerlig gestaak is. Die twee spanne het nie die wedstryd later voortgesit nie, maar die skole is reeds besig om die moontlikheid te ondersoek om die wedstryd in ’n latere stadium te speel.

Monument van Krugersdorp moes hard werk om vir Waterkloof in Pretoria met 20-17 te stuit. Die wedstryd is ook vir ’n tydperk weens die swaar weer gestaak.

Centurion het vir die grootste verrassing in die Virsekerbeker gesorg deur Eldoraigne met 30-3 kaf te draf. Die Woeries het teen die omdraaislag reeds ’n stewige voorsprong van 20-3 opgebou.

Die HTS Middelburg se Rooi Bulle het naelskraaps in sy jaarlikse Classic Clash teen die Hoërskool Middelburg met 10-5 gewen.

Die Rooi Bulle sal hul sokkies vir volgende week se stryd teen die Hoërskool Nelspruit se Rhinos moet optrek.

Brackenfell het vlam gevat teen die Hoërskool Durbanville en 13 drieë in sy sege van 84-17 ingeryg.

Stellenberg se afrigters en spelers sal vandag ook breëbors rondloop nadat hulle vir die eerste keer daarin geslaag het om Outeniqua te troef. Stellenberg het die Kwaggas met 43-38 in ’n opwindende wedstryd verslaan.

Duineveld het ’n oortuigende sege van 40-12 oor die Hoërskool Upington in hul jaarlikse Klein Interjol behaal.

Al die uitslae: 

NOORDVAAL

Blou Bulle: Centurion 30, Eldoraigne 3; Wonderboom 20, Zwartkop 17; Montana 33, HTS John Vorster 8; Midstream College 40, Overkruin 0; Hoërskool Tuine 28, Pretoria-Noord 3; Pretoria THS 55, FH Odendaal 0; Curro Hazeldean 22, Akasia 5; Curro Roodeplaat 101, Cornerstone College 0.

Goue Leeus: Monument 20, Waterkloof 17; Hoërskool Alberton 34, Bastion 7; Linden 7, Dinamika 0; Jan Viljoen 43, Randburg 17; Fochville 18, Carel de Wet 12; Bekker 59, Benoni High 0; Trinityhouse 29, Leeuwenhoff 15;

Limpopo: Hoërskool Pietersburg 25, Merensky 15; Piet Potgieter 21, Ellisras 21; Louis Trichardt 27, Tom Naudé 15; Curro Heuwelkruin 41, Stanford Lake College 19; Eric Louw 56, Capricorn 0.

Luiperds: Lichtenburg 76, Wagpos 0; Hoërskool Klerksdorp 24, Potchefstroom Volkskool 18; Vryburg 60, Matlosana 0; Hartbeespoort 29, Brits 5; Wolmaransstad 36, Grenswag 8; Schweizer-Reneke 33, HTS Rustenburg 5.

Pumas: HTS Middelburg 10, Hoërskool Middelburg 5; Piet Retief 41, Standerton 19; Secunda 10, HTS Witbank 8; Ermelo 27, Generaal Hertzog 6; Lydenburg 11, Rob Ferreira 8; Hoogenhout 28, Volksrust 0; Komatipoort 36, Carolina 29; Curro Nelspruit 5, Reynopark 0; Barberton 104, Sybrand van Niekerk 0.

Valke: Kempton Park 29, Jeugland 13; Vereeniging Gimnasium 19, Dr Malan 10; Hans Moore 45, Birchleigh 0; Brandwag (Benoni) 40, Elspark 0; Overvaal 22, Hoërskool Sasolburg 17; Drie Riviere 45, Phoenix 5; Die Ankerskool 16, AHS Sasolburg 6.

VRYSTAAT/GRIEKWAS

Jim Fouché 51, Sentraal 22; Louis Botha 19, Fichardtpark 12; Reddersburg 44, Brandfort 17; Sand du Plessis 42, President Steyn 19; Duineveld 40, Hoërskool Upington 12; Wilgerivier 57, HTS Sasolburg 7; Noord-Kaap 26, Diamantveld 19; Welkom-Gimnasium 36, Voortrekker 19; AHS Kroonstad 17, Witteberg 7; Bothaville 20, Riebeeckstad 13; Bultfontein 24, Theunissen 12; Hoopstad 59, Lesideng 0; Ficksburg 31, Harrismith 6; Vrede 29, Reitz 0; Paul Erasmus (Senekal) 60, Ladybrand 7; Kalahari 41, Kathu 12; Daniëlskuil 50, Martin Oosthuizen (Kakamas) 14.

OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

Framesby 19, Boland Landbou 16; Dale College 22, Selborne College 19; St Andrew’s College 45, Queen’s College 12; Kingswood College 36, Union High 15; Brandwag (Uitenhage) 35, Muir College 12; Graaff-Reinet Volkskool 34, Hangklip 7; Durban High School 12, Kearsney College 11; St Charles College 30, Clifton 21.

WES-KAAP

Hoër Jongenskool Paarl 46, Grey-kollege 31; Paul Roos Gimnasium 29, SACS 24; HTS Drostdy 32, Bishops 26; Stellenberg 43, Outeniqua 38; Brackenfell 84, Durbanville 17; Rondebosch Boys’ High 39, Hoërskool Bellville 34; Hugenote (Wellington) 30, Worcester Gimnasium 14; Overberg 52, Bredasdorp 0; Charlie Hofmeyr 26, Strand 12; DF Malan 24, HTS Bellville 7; Swartland 28, De Kuilen 0; Labori 49, De Villiers Graaff 5; Tygerberg 19, Tygerberg-klub 19; Hermanus 30, Parel Vallei 23; Augsburg Gimnasium 55, Dirkie Uys 19; Schoonspruit 43, Piketberg 8; Robertson 54, Montana 10; President 29, Melkbosstrand 5.

You have no rights to post comments