Share

Die eerste rugbyspan van Ben Vorster het na ‘n moeilike toer na die Suid-Kaap vlam gevat in die Limpopo Grootskole-liga deur Louis Trichardt met 108-7 te verniel.

Dit was veral die vleuel Shima Molepo wat baat uit sy span se oorhand in die wedstryd gevind het. Molepo het nie minder as vyf keer Louis Trichardt se doellyn oorgesteek nie. Die span van Tzaneen se heelagter, Melvin Maake, het self vier keer ‘n draai agter die doellyn gemaak.

In totaal het Ben Vorster 18 drieë ingeryg, waarvan agt deur die skrumskakel, Pieter Haasbroek, vervyf is. Die losskakel, Erik Meintjies, het ook ‘n doelskop oorgeklits.

Nylstroom het sy aanslag in vanjaar se reeks ook met ‘n sege afgeskop deur Ben Viljoen van Groblersdal met 27-24 te troef. Ben Viljoen was die afgelope twee seisoene een van die sterktse spanne in die Virsekerbeker vir Mediumskole.

Hoewel dit nie ‘n ligawedstryd was nie het Frikkie Meyer van Thabazimbi vir Hans Strijdom op sy tuisveld in Naboomspruit met 46-21 verslaan. Frikkie Meyer se agtsteman, Brendan Vermaak, het ‘n driekuns aan drieë behaal.

Die span van Thabazimbi neem aan die Grootskole-liga deel, terwyl Hans Strijdom in die Mediumskole-liga meeding.
Nog ‘n mediumskool Piet Potgieter van Potgietersrus het ‘n grootskool HTS Tom Naudé met 23-5 in ‘n vriendskaplike wedstryd uitoorlê.

Die Hoërskool Vryburg se eerste rugbyspan het sy aanslag in vanjaar se reeks met ‘n sege van 34-7 oor Brits afgeskop. Hartbeespoort het vir Schoonspruit van Klerksdorp met 21-14 uitoorlê.

In die Middelskole-liga was verlede jaar se Virsekerbeker-kampioen, Schweizer-Reneke, met 69-10 te sterk vir HTS Klerksdorp. Die span se Dean Steyn en Braam Jacobs het elk drie keer gaan druk.

Uitslae:

Limpopo

GROOTSKOLE

Ben Vorster 108 - Drieë: Shima Molepo (5), Melvin Maake (4), Jason Mulder (2), Nyiko Ntlemo (2), Comfort Shingange, Duvall Strydom, Thapelo Ramoshaba, Franco Oberholzer, Bernard Vermaak. Doelskoppe: Pieter Haasbroek (8), Erik Meintjies. Louis Trichardt 7 - Drie: DJ du Preez. Doelskop: Du Preez.
Nylstroom 27 - Drieë: S Schmidt, R Coetzer, K Boya. Doelskoppe: F Hendricks (3). Strafdoele: Coetzer (2). Ben Viljoen 24 - Drieë: V Roos (2), W Bosman, C Scholtz. Doelskoppe: H Nell (2).
Ander spanne:
o.16: Ben Vorster 74, Louis Trichardt 7; Ben Viljoen 32, Nylstroom 0.
o.15: Ben Vorster 72, Louis Trichardt 0; Ben Viljoen 19, Nylstroom 0.
o.14: Ben Vorster 59, Louis Trichardt 5; Ben Viljoen 85, Nylstroom 0.

VRIENDSKAPLIK

Frikkie Meyer 46 - Drieë: Brendan Vermaak (3), Tiaan Raubenheimer, Thato Mbewe, A Grobler, Gerdus Botha. Doelskoppe: William Thulare (4). Strafdoel: Thulare. Hans Strijdom 21 - Drieë: Marcus Combrinck, JD Hermann, Jaco Beukes. Doelskoppe: Brendon Palmer (3).
Ander spanne:
Eerstespanne: Piet Potgieter 23, HTS Tom Naude 5.
o.16: Frikkie Meyer 82, Hans Strijdom 8; Piet Potgieter 39, Tom Naude 5.
o.15: Frikkie Meyer 19, Hans Strijdom 10; Piet Potgieter 47, Tom Naude 0.
o.14: Frikkie Meyer 22, Hans Strijdom 17; Piet Potgieter 24, Tom Naude 12.

Luiperds

MEDIUMSKOLE

Vryburg 34 - Drieë: MC Janse van Rensburg (2), Chris Cloete, Kobus Vermaak, JP Esterhuizen. Doelskoppe: Leonard Grobbelaar (3). Strafdoel: Grobbelaar. Brits 7.
Hartbeespoort 21 (14) - Drieë: Gerhard van der Vyver, Kent Flannigan, Dirko Calitz. Doelskoppe: Wian Meyer (3). Schoonspruit 14 (11) - Drie: Barnard Kok. Strafdoele: Kok (3).
Ander spanne:
o.16: Brits 21, Vryburg 15; Schoonspruit 37, Hartbeespoort 8.
o.15: Brits 17, Vryburg 14; Hartbeespoort 43, Schoonspruit 17.
o.14: Brits 12, Vryburg 10; Hartbeespoort 31, Schoonspruit 0.

MIDDELSKOLE

Schweizer-Reneke 69 - Drieë: Dean Steyn (3), Braam Jacobs (3), Dirk Bezuidenhout (2), Stephan de Kock, Jofie de Venter, SJ Venter. Doelskoppe: De Kock (6). HTS Klerksdorp 10 - Drie: Kagiso Marake. Doelskop: Boikanyo Sibokolodi. Strafdoel: Sibokolodi.
Ander spanne:
o.16: HTS Klerksdorp 26, Schweizer-Reneke 12.
o.14: HTS Klerksdorp 17, Schweizer-Reneke 12.

You have no rights to post comments