Share

NewsG MarcelMombersMenlopark se eerste rugby span het sy aanslag in vanjaar se Tuks-reeks met naelskraapse sege van 40-36 in die opwindendste van die wedstryde in die openingsronde van die kompetisie oor Transvalia afgeskop. Die span van Pretoria se kantman Enrique Grobler het twee van sy span se ses drieë in die wedstryd gedruk.

Transvalia is self 'n span wat vanjaar nie ligtelik opgeneem kan word nie. Die span van Vanderbijlpark het in sy eerste wedstryd van die seisoen vir HTS Middelburg met 18-10 geklop. 

Florida het sy aanslag ook op 'n positiewe noot begin deur Hoërskool Klerksdorp met 33-19 kaf te draf. Klerksdorp het met die omdraaislag nog 'n voorsprong van 12-5 geniet. 

Vir die verloorspan het sy flank Leonard Moolman was sy span se beste speler op die dag. Die vaskopstut, Dirkie Kotze, kan ook meer as tevrede met sy vertoning voel. 

EG Jansen van Boksburg het nie veel probleme ondervind om die Hoërskool Rustenburg met 38-7 te troef nie. Die span se losskakel, Dylan Schwartz, het nie net die span se gereelde losskakel Ruben Beytell se tokse volgestaan nie, het het sommer self 18 punte tot die sege bygedra. 

Schwartz het in Beytell se afwesigheid twee keer agter die doellyn gaan kuier en ook vier van sy span se drieë verdoel. Beytell was Saterdag vir die Junior Blitsbokke in Windhoek in aksie.

Eldoraigne sal tevrede voel met hul bonuspunt-sege van 26-10 oor die Hoërskool Pietersburg in sy eerste wedstryd van die seisoen. 

Puntemakers: 

Menlopark 40 - Drieë: Enrique Grobler (2), Marcel Mombers, Wikus Janse van Rensburg, Justin Sadie, Barnard van der Linde. Doelskoppe: Werner Nel (5). Transvalia 36 - Drieë: Reinhardt Marx (2), Reinhardt Nel (2), Brendon Nortje, Mpho Ntsane. Doelskoppe: JP Pieterse (4).

Florida 33 (5) - Driee: Swanepoel (2), Coetzee, Van Louw, Benningfield. Doelskoppe: Swanepoel (4). Hoërskool Klerksdorp 19 (12) - Drieë: Phillip Kruger, HJ Jooste, Dieter Janse van Rensburg. Doelskoppe: Jooste (2). 

EG Jansen 38 - Drieë: Dylan Schwartz (2), Dylan Engelbrecht, Janus Swanepoel, Wesley Noeth, Dian Coetzee. Doelskoppe: Schwartz (4). Hoërskool Rustenburg 7

Eldoraigne 26 - Drieë: Riaan Vorster, Erik Calitz, Marcel Venter, Reynard Heymans. Doelskoppe: Calitz (3). Hoërskool Pietersburg 10 - Drie: Heinrich Schoeman. Doelskop: Martin Austen. Strafdoel: Austen.

Ander spanne: 

o.16: Menlopark 37, Transvalia 25; Klerksdorp 80, Florida 0; EG Jansen 36, Rustenburg 19; Pietersburg 58, Eldoraigne 0.

o.15: Transvalia 29, Menlopark 27; Florida 24, Klerksdorp 22; EG Jansen 36, Rustenburg 26; Eldoraigne 29, Pietersburg 10. 

o.14: Menlopark 27, Transvalia 12; Florida 31, Klerksdorp 14; Rustenburg 24, EG Jansen 10; Pietersburg 55, Eldoraigne 0.

You have no rights to post comments