Share

WindhoekGimPitch1'n Nuwe opwindende internasionale sewestoernooi sal op 3 en 4 Maart by Windhoek Gimnasium aangebied word. Die Capricorn Group-toernooi (vir o.19-spanne) sal aan die Junior Blitsbokke (SA o.18) 'n geleentheid gee om hul sewesvaardighede verder te ontwikkel. 

Die toernooi sal ook aan die Junior Blitsbokke 'n gulde geleentheid verskaf om vir vanjaar se Statebond Jeugspele in Bahamas van 19 tot 23 Julie voor te berei. Die Blitse gaan 'n moeilike taak op hul hande he om hul titel as kampioen te verdedig omdat geen spelers wat vanjaar aan die Coca-Cola Cravenweek of die Akademie-week aan die Statebondspele sal kan deelneem nie. 

Die Cravenweek en Akademieweek vind van 17 tot 22 Julie op St. Stithian's College se velde in Johannesburg plaas. In Namibië sal ses internasionale spanne sake teen Suid-Afrika uitspook. Namibië, Zambië, SA All Stars, Botswana en Duitsland sal ook op die toernooi in aksie wees. 

Die Capricorn Group-toernooi word deur die bekende promotor Willem Strauss georganiseer. Die toernooi sal op die eerste rugbyveld van kunsmatige gras in Afrika speel. Wat die toernooi ook absoluut uniek maak is die feit dat dit die inhuldiging sal wees van die eerste kunsmatige rugbyveld in Afrika. Die veld is soortgelyk aan die Engelse rugbyklub Saracens se kunsmatige oppervlak van hul tuisveld Allianz-park.  

“Die toernooi sal vir junior sewes spelers in Afrika ‘n baan skep na hul nasionale sewes spanne en wie weet, dalk kan dit die begin wees van ‘n aantal toekomstige Olimpiese spelers se loopbane,” het Strauss gese.WindhoekGim pitch

Strauss het ook bygevoeg dat die toernooi beplan word om jaarliks plaas te vind en dat daar meer internasionale spanne in die toekoms genooi sal word. 

Die Junior Blitsbokke het in 2011 vir die eerste keer aan die Statebond Jeugspele deelgeneem. Die span wat deur Dries Swanepoel aangevoer is het destyds in die eindstryd met 20-41 teen Engeland vasgeval. Twee jaar gelede in Samoa het die Blitsbokke vir Australië met 31-24 in die eindstryd verslaan. 

In die span van 2011 was toekomstige senior Blitsbokke soos Justin Geduld en Cheslin Kolbe. Springbokke soos Jan Serfontein en Rohan Janse van Rensburg was ook lede van die span. 

You have no rights to post comments