Share

Wildeklawer Logo 2013Helpmekaar-kollege van Johannesburg is die enigste nuweling vir Wildeklawer se toernooi van 2017, maar die span behoort nie veel probleme in sy twee wedstryde teen die gasheer, Diamantveld, en Selborne College te ervaar nie. Helpies het volgende jaar 'n "droomspan" en daar is verwag dat hulle heelwat meer getoets sou word op die toernooi in Kimberley.  

Helpies is die afgelope twee jaar as die Beeldtrofee vir Grootskole se kampioen gekroon. Hulle het ook vanjaar twee maal met die Beeldtrofee se kampioen vir Makroskole, Garsfontein, afgereken. 

Glenwood maak ook volgende jaar 'n welkome terugkeer na hy vanjaar aan die Sanix-toernooi in Japan deelgeneem het. Glenwood is ook  as kampioen van die toernooi vanjaar gekroon. Louis Botha van Bloemfontein en Menlopark van Pretoria het in die slag gebly toe die uitnodigings vir die toernooi uitgestuur is. 

Die hoofmaal van die toernooi sal op die Maandag tussen Paarl Gimnasium en Grey-kollege van Bloemfontein wees. Grey sal in sy eerste wedstryd van die toernooi teen Boland Landbou te staan kom.

Die Hoër Jongenskool Paarl wat vanjaar die seisoen as die land se voorste skolespan afgesluit het, sal in sy twee wedstryde vir Selborne College en Glenwood die stryd aanse. Boishaai toer volgende jaar deur Nieu-Seeland en sal ook op die St. John's College Paastoernooi in aksie wees. Die span spog met 'n onoorwonne rekord in sy laaste 38 wedstryde.

Die bepalings is: 

Saterdag, 29 April 2017 - 08:00: Glenwood vs. Garsfontein; 09:10: Monument vs. Oakdale; 10:20: Stellenberg vs. EG Jansen; 11:30: Welkom Gimnasium vs. Outeniqua; 12:40: Paarl Gimnasium vs. Waterkloof; 13:50: Noord-Kaap vs. HTS Middelburg; 15:00: Diamantveld vs. Helpmekaar; 16:10: Paarl Boys' High vs. Selborne College; 17:20: Grey College vs. Boland Landbou; 18:30: Affies vs. Paul Roos Gimnasium. 

Maandag, 1 Mei 2017 - 08:00: Stellenberg vs. HTS Middelburg; 09:10: Selborne College vs. Helpmekaar; 10:20: Waterkloof vs. Paul Roos Gimnasium; 11:30: Monument vs. Boland Landbou; 12:40: Paarl Boys' High vs. Glenwood; 13:50: Garsfontein vs. Oakdale Landbou; 15:00: Affies vs. Outeniqua; 16:10: Paarl Gimnasium vs. Grey College. B-veld - 10:20: Noord-Kaap vs. EG Jansen; 11:30: Diamantveld vs. Welkom Gimnasium. 

You have no rights to post comments