Bepalings vir NWU Prestige-reeks vir 2022 bekend gemaak

Written by Hannes Nienaber

NWUPrestigeSeriesLogo School of Rugby | Bepalings vir NWU Prestige-reeks vir 2022 bekend gemaak - School of RugbyNa twee jaar se wag kan die twee nuwelinge in die NWU Prestige-reeks, die Hoërskool Rustenburg en Oos-Moot, dalk uiteindelik in 2022 hul eerste verskyning in die kompetisie maak.

Die twee skole was die nuwe gesigte vir die 2020-weergawe van die kompetisie, maar het weens die Coronavirus-pandemie nog nie 'n enkele wedstryd in die kompetisie gespeel nie.

Die Rusties sou waarskynlik vanjaar een van die aanspraakmakers op die titel gewees het. Die Hoërskool Rustenburg vier volgende jaar sy 100ste bestaansjaar. 

Die verdedigende kampioen van die Prestige-reeks, die Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp, sal sy aanslag op vanjaar se titel teen die einste Hoërskool Rustenburg weg van die huis afskop. Die Nories het Wesvalia van Klerksdorp verlede jaar in die eindstryd van die reeks met 22-3 die loef afgesteek.

Die Nories is saam met Rustenburg, Hugenote van Springs en Wesvalia van Klerksdorp in Groep A van die kompetisie geloot. Rusties sal voor die kragmeting teen Noordheuwel reeds die stof van hul tokse teen Wesvalia afgestof het. 

Oos-Moot sal in sy eerste wedstryd van die reeks op sy tuisveld teen die Potchefstroom Volkskool te staan kom. Marais Viljoen van Alberton en Lichtenburg is die ander twee skole in die groep. Hier sal dus ook geen maklike wedstryde tussen die vier spann van Groep B wees nie. 

In Groep C sal Zwartkop, Oosterlig, Heidelberg Volkskool en Potchefstroom Gimnasium sake teen mekaar uitspook. Die Anker van Brakpan, die Hoërskool Middelburg, Jeugland en Montana sal sake om 'n plek in die uitspeelrondes in Groep D uitspook.

Die kwarteindrondes van die reeks sal op 23 April in onderskeidelik Middelburg en by Potch Volkies gespeel word. Die halfeindronde sal op die 27 April ook op Potch Volkies se velde beslis word.

Die eindstryd van die reeks sal op 7 Mei op die Fanie du Toit-sportgronde in Potchefstroom beslis word. 

Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

5 Maart 2022 

Wesvalia vs Hoërskool Rustenburg
Oosterlig vs Heidelberg Volkskool

12 Maart 2022

Hugenote vs Wesvalia
Hoërskool Rustenburg vs Noordheuwel
Oos-Moot vs Potchefstroom Volkskool
Marais Viljoen vs Lichtenburg
Zwartkop vs Oosterlig
Heidelberg Volkskool vs Potchefstroom Gimnasium
Die Anker vs Hoërskool Middelburg
Jeugland vs Montana

15/16 Maart 2022 

Noordheuwel vs Hugenote
Oos-Moot vs Marais Viljoen
Potchefstroom Volkskool vs Lichtenburg
Zwartkop vs Heidelberg Volkskool
Oosterlig vs Potchefstroom Gimnasium
Jeugland vs Die Anker
Montana vs Hoërskool Middelburg

9 April 2022 

Wesvalia vs Noordheuwel
Hugenote vs Hoërskool Rustenburg
Marais Viljoen vs Potchefstroom Volkskool
Lichtenburg vs Oos-Moot
Potchefstroom Gimnasium vs Zwartkop
Hoërskool Middelburg vs Jeugland
Montana vs Die Anker

[powr-comments id="132345e8_1638793998182"]