Daar is van volgende jaar 'n Tokkelos in die Moot

Written by Hannes Nienaber

Danie_Coetzee School of Rugby | Daar is van volgende jaar 'n Tokkelos in die Moot  - School of RugbyDie Hoërskool Oos-Moot het nog 'n reuse stap geneem om sy sportprogram, maar veral sy rugbyprogram 'n reuse hupstoot te gee. Die skool het die voormalige Springbok-haker, Danie "Tokkelos" Coetzee, aangestel om die kondisionering van die skool se sportspanne asook die gimnasium te hanteer. 

Coetzee het die Springbokke in 15 toetse verteenwoordig. Hy het in sy loopbaan ook vir London Irish, die Cheetahs en die Blou Bulle uitgedraf. 

Oos-Moot het vroeër vanjaar ook vir Christiaan Gouws as Hoof van Sport aangestel. Hy was voorheen by Ligbron, Voortrekker en Marlow Landbou as rugbyafrigter en direkteur van rugby betrokke. Die Trekkers het onder sy leiding die Wesgrow-reeks oorheers.

Coetzee se teenwoordigheid by Oos-Moot sal sonder twyfel 'n impak hê op die skool om die talent vanuit die Moot-area vir die skool te behou. 

[powr-comments id="3eeb4d28_1638348012813"]