Sean Erasmus keer terug Paarl toe

Written by Medewerker

Sean_Erasmus School of Rugby | Sean Erasmus keer terug Paarl toe - School of RugbySean Erasmus, skuif na drie jaar terug na die land van die blou baadjie wanneer hy hom weer aansluit by die Hoër Jongenskool Paarl as Hoof van Rugbyafrigting. 

Sean was verantwoordelik vir HJS se eerstespan vanaf 2014 tot 2018, waarna hy 'n aanstelling by die Goue Leeus as afrigter aanvaar het. 

 "Dit was 'n familiebesluit om terug te skuif Paarl toe. Ons harte is maar blou en ons is baie opgewonde om terug te keer," het Erasmus gesê. 

Erasmus neem amptelik die leisels oor by HJS vanaf 1 November 2021. 

[powr-comments id="8fbd9c90_1635415534271"]