Virsekerbeker se Skild-kompetisie se bepalings vir 2021 bekend

Written by Hannes Nienaber

VirsekerBekerlogo School of Rugby | Virsekerbeker se Skild-kompetisie se bepalings vir 2021 bekend - School of RugbyDie kampioen van die Virsekerbeker se Skild-kompetisie, Hugenote van Springs, sal na die noorde van Pretoria reis om sy aanslag op vanjaar se titel teen Oos-Moot af te skop. 

Die span van Springs het in 2019 'n droogte van 32 jaar verbreek toe hy as kampioen van die kompetisie gekroon is. Die skool se eerstespan het in 1987 vir FH Odendaal in die eindstryd van die Direkteurstrofee met 18-14 verslaan. 

Hugenote het in 2019 vir die Hoërskool Middelburg met 57-34 in die eindstryd kaf gedraf. Die Middies het opgeskuif na die Plaat-kompetisie van Afdeling 1 vir 2021. 

Eldoraigne wat vir twee jaar in 'n ry in die eindstryd van die Plaat-kompetisie in aksie was, is afgeskuif na die Skild-kompetisie toe.

Eldoraigne was die eerste kampioen van die Plaat-kompetisie en het in 2019 naelskraaps die titel aan Ben Vorster (36-35) afgestaan. Die Eldos sal dus 'n moeilike teenstanders wees in vanjaar se Skild-kompetisie. 

Eldoraigne sal sy eerste wedstryd in die liga teen Florida speel. Die ander nuweling in die Skild-kompetisie van Afdeling 1 is die Ligbron Akademie van Ermelo. 

Ligbron sal in sy eerste wedstryd van vanjaar se kompetisie teen die Heidelberg Volkskool te staan kom. 

Die halfeindronde van die kompetisie sal op 21 Augustus plaasvind, terwyl die eindstryd 'n week later op 28 Augustus beslis sal word.

Die Noordvaal Skolerugby-vereniging (NVSRV) se bestuur onder leiding van Dr. Jorrie Jordaan van die Hoërskool Alberton het die bepalings vir 2021 se reeks uitgereik. Die bepalings is wel onderhewig aan 'n aankondiging van die Departement van Basiese Onderwys om toe te laat dat skole teen mekaar kan deelneem vanaf 15 April 2021. 

Die wedstryd tussen die Hoërskool Klerksdorp en Lichtenburg is deel van die ENB Classic Clashes en nie deel van die Skild-kompetisie nie.. 

Die bepalings vir die Skild-kompetisie is (tuisspanne eerste vermeld): 

15 Mei 2021 

Klerksdorp vs Lichtenburg
Oos-Moot vs Hugenote
Heidelberg Volkskool vs Ligbron
Florida vs Eldoraigne

22 Mei 2021 

Jeugland vs Heidelberg Volkskool
Lichtenburg vs Hugenote
Ligbron vs Florida

29 Mei 2021

Oos-Moot vs Ligbron
Hugenote vs Heidelberg Volkskool
Jeugland vs Florida
Lichtenburg vs Eldoraigne

5 Junie 2021 

Hugenote vs Florida
Ligbron vs Lichtenburg
Eldoraigne vs Jeugland
Heidelberg Volkskool vs Oos-Moot

12 Junie 2021 

Lichtenburg vs Jeugland
Florida vs Heidelberg
Eldoraigne vs Ligbron

19 Junie 2021 

Oos-Moot vs Lichtenburg

31 Julie 2021 

Eldoraigne vs Oos-Moot
Ligbron vs Hugenote

7 Augustus 2021 

Florida vs Oos-Moot
Heidelberg Volkskool vs Lichtenburg
Hugenote vs Eldoraigne
Ligbron vs Jeugland

14 Augustus 2021

Oos-Moot vs Jeugland
Florida vs Lichtenburg
Jeugland vs Hugenote
Eldoraigne vs Heidelberg Volkskool

[powr-comments id="0493892e_1616565414258"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.