Van der Wal deel sy staaltjies van oor 36 jaar as onnie by Grey-kollege

Written by Hannes Nienaber

GreytStories School of Rugby | Van der Wal deel sy staaltjies van oor 36 jaar as onnie by Grey-kollege - School of RugbyDink aan al die stories en staaltjies wat jy met jou vriende deel oor jou rugbydae vir jou hoërskool se eerstespan.

Jy sou tussen een en drie jaar vir jou skool se eerstes uitgedraf het, dink nou aan hoeveel stories jy sou kon deel indien jy langer as 30 jaar by jou skool se eerstespan betrokke was.

Nou ja een van die grootste geeste van skolerugby en Suid-Afrika se rugbyfabriek, Grey-kollege, Dries van der Wal het besluit om die interresante stories en staaltjies in sy 36 jaar as onderwyser by Grey-kollege in Bloemfontein te boekstaaf. 

Die boek met die titel Grey't stories & staaltjies oor 36 jaar word deur Van der Wal self uitgegee. Die koste beloop R230 per boek en Bloemfonteiners kan dit by Grey-kollege se reunie-kantoor aankoop. 

Die boek kan ook direk by Van der Wal aangekoop word deur R230 (afleweringskoste uitgesluit) in die rekening onderaan die artikel in te betaal. Die afleweringskoste beloop R50 per boek indien indien tussen twee tot sewe boeke bestel word is die afleweringskoste R150.

Van der Wal was vir 22 jaar die hoofafrigter van dié spogskool se eerstespan en was vir nog 'n verdere sewe jaar die spanbestuurder. Hy was ook vir 23 jaar die koshuisvader van Leith-huis - en ons almal weet die meeste kattekwaad word deur koshuisbrakke aangevang. 

In totaal het Van der Wal 25 van die skool se Springbokke gebrei. Sekerlik die meeste Bokke nog ooit deur 'n skoleafrigter se hande. Grey het onder Van der Wal 'n ongelooflike rekord opgebou deur 351 keer in 394 wedstryde koning te kraai. 

Die boek sluit ook stories in oor die Cravenweek waarby Van der Wal as afrigter, spanbestuurder en administrateur betrokke by was. 

Hier volg een kort staaltjie uit Grey't stories & staaltjies oor 36 jaar met toestemming van die skrywer: 

Dit was so tien minute in die tweede helfte dat Dirkie (Froneman) na my toe kom en vra hy wil asseblief nou opgaan om te speel. Ons was op daardie stadium gemaklik voor en het vir hom gesê ek dink nie dis nodig dat hy opgaan nie. Hy was nie gelukkig nie. 

Vyf minute later kom hy weer na my toe en sê hy wil nou speel. Weer het ek vir hom verduidelik hoekom ons nie wil hê hy moet speel nie. Hierdie keer het hy brom-brom weggestap, baie ongelukkig en gatvol vir my.

Wragtig, nie 'n minuut later nie kom hy weer na my kant toe. Hierdie keer ignoreer hy my en stap na Vollies wat langs my gesit het. "Meneer Volsteedt, Mnr vd Wal is nie die baas van Grey nie, jy is. Kan ek asseblief opgaan om te speel?". Vollies het toe ook nie die antwoord gegee wat hy wou hoor nie. "Dirkie, ek is die baas van die skool, maar ongelukkig nie die afrigter van die Eerstespan nie. Net Mnr van der Wal en Mnr Swanepoel kan besluit of jy kan speel."

Dirkie was nou regtig baie kwaad... eintlik die moer in. Na nog 'n minuut en hier sien ek kom Fronies reguit na my toe. Ek kon sien hy het nou regtig iets op sy hart om vir my te sê. Hy kom staan so reg voor my en kyk my reguit in my oë: "Mnr Dries, ek vra jou in die naam van die Here, kan ek asseblief op die veld gaan om te speel?".

Nou hoe kan 'n mens nou so 'n "uit die hart" versoek weier. Ek het dadelik ja gesê en Fronies het met 'n groot glimlag op die veld gehardloop en dadelik 'n impak gemaak Dirkie/Fronies, jy het ons baie plesier verskaf, ou Yster. Oor jou gaan ons nog bai stories langs braaivleisvure vertel.

Ons mis jou nog steeds... "Grey legend".

BANKBESONDERHEDE

AMS van der Wal
ABSA Spaarrekening
Takkode: 630 358
Rekening nr.: 9359351397

Na oorbetaling stuur asseblief bewys van betaling na Van der Wal via WhatsApp 082 820 7322 of per e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. - asook die volgende inligting Naam en Van en huis- of pos-adres waar die boek afgelewer moet word. 

[powr-comments id="1fb74929_1615269868890"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.