Grey-kollege sal 2021 seisoen teen feesvierende Wit Bulle afskop

Written by Hannes Nienaber

GreyKollege School of Rugby | Grey-kollege sal 2021 seisoen teen feesvierende Wit Bulle afskop - School of RugbyIndien dit nie genoeg is dat ondersteuners reeds uitgehonger is vir skolerugby nie, is daar boonop nou die vooruitsig dat 'n kragmeting tydens die eerste naweek van skolerugby na meer as 'n jaar se onderbreking beloof om een van die hoogtepunte van die 2021-seisoen te wees.

Die land se voorste skolerugbyspan van 2019, Grey-kollege, sal sy seisoen in Krugersdorp teen die Hoërskool Monument afskop. Monnas vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar en dié kragmeting op die Ras van Rooyen sou een van die hoogtepunte van die jaar gewees het. Dié wedstryd wat vanjaar vir 17 April geskeduleer is se belangrikheid vir die twee skole het egter nou nog 'n trappie geklim.

Grey-kollege se nuwe hoofafrigter, Jannie Geldenhuys, sal 'n behoorlike vuurdoop in sy nuwe pos ontvang. Die span van Bloemfontein sal na die stryd teen Monnas ook 'n week later op die Ras van Rooyen tydens 'n rugbydag ter viering van Monns as eeufees in aksie wees. Vier dae later aantree vir die Barloworld Noord/Suid-toernooi wat by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria aangebied sal word.

Affies, wat verlede jaar sy eeufees gevier het, sou die toernooi verlede jaar ook aangebied het. Die voorlopige bepalings van die Noord/Suid het Menlopark en EG Jansen as Grey-kollege se teenstanders in die Jakarandastad gehad.

Grey-kollege sal vanjaar slegs drie keer in die Rosestad te sien wees. Hy sal in drie interskoles - teen Selborne College, Oakdale Landbou en Paul Roos Gimnasium op sy tuisveld in aksie wees.

Grey se o.14-toernooi sal ook steeds plaasvind vanaf 9 tot 13 Julie. Dit is die eerste keer wat die toernooi aangebied sal word. Die ander groot junior-toernooie - Kwagga-week (o.14), Boishaai-week (o.15) en Jean de Villiers-week (o.16) by Paarl Gimnasium se aanbieding moet nog bevestig word.

#DatumTeenstander Plek  Toernooi
1 17/04/2021 vs Monument Krugersdorp  
2 24/04/2021 vs TBC Krugersdorp Monnas Eeufees
3 28/04/2021 vs Menlopark Pretoria Noord/Suid
4 01/05/2021 vs EG Jansen Pretoria Noord/Suid
5 08/05/2021 vs Paarl Boys' High Paarl  
6 15/05/2021 vs Affies Pretoria  
7 22/05/2021 vs Selborne College Bloemfontein  
8 29/05/2021 vs Oakdale Landbou Bloemfontein  
9 31/07/2021 Glenwood Durban  
10 06/08/2021 vs TBC Kimberley Wildeklawer
11 09/08/2021 vs TBC Kimberley Wildeklawer
12 14/08/2021 vs Grey High School Port Elizabeth  
13 21/08/2021 vs Paul Roos Bloemfontein  

[powr-comments id="07319811_1615174789511"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.