Niemand en Van Vreden lê tuig by Noordvaal-skolevereniging neer

Written by Hannes Nienaber

NoordvaalLogo School of Rugby | Niemand en Van Vreden lê tuig by Noordvaal-skolevereniging neer - School of RugbyDie Noordvaal Skolerugby-vereniging (NVSRV) sal vandag 'n nuwe voorsitter en sekretaris kry om hom in die nuwe era na Covid-19 te bestuur. Die voorsitter, Ferdie Niemand, asook die sekretaris, Hans van Vreden, het besluit om na vanjaar die tuig neer te lê. 

Niemand wat sedert 2013 die voorsitter van die NVSRV was, het ook as voorsitter van die Blou Bulle Skolerugby-vereniging bedank. Die NVSRV het vanjaar groot planne in plek gehad om die 100ste bestaansjaar van die Virsekerbeker (voorheen Administrateursbeker, Direkteurstrofee en Beeldtrofee) te vier. Die Corona-virus pandemie het egter al hierdie planne in die wiele gery. 

Van Vreden se uittrede sal ook 'n reuse leemte in skolerugby noord van die Vaalrivier laat. Hy was vir 'n ongelooflike 25 jaar die sekretaris van die vereniging. Die langste wat enige persoon die pos sedert die ontstaan van die kompetisie in 1920 beklee het. 

"Van waar ons die begin van die jaar kon uitsien na 'n wonderlike jaar van skolerugby, ons 100-jarige feesvieringe en die uitreik van 'n boek in hierdie verband, het al ons drome, planne en ideale hul weg gevind na ons eie gedagtes, mooi herhinneringe van wat kon wees, weggesteek agter maskers en diep toegesluit in die 2020 grendeltydperk," het Niemand gesê. 

Dr. Jorrie Jordaan van die Hoërskool Alberton sal onbestrede as voorsitter in Niemand se plek verkies word. Die NVSRV se algemene jaarvergadering vind op 17 September by die Pretoria-buiteklub plaas. Jordaan het as tesourier op die bestuur gedien. Hierdie pos sal ook dan vakant na Donderdag se vergadering gelaat word. 

Marius Briers (Schoonspruit) en Dawie Matthee (Lichtenburg) sal in 'n stryd gewikkel wees om as sekretaris in plek van Van Vreden op die bestuur te dien. Briers is tans ook sekretaris van die Luiperds se skolevereniging, terwyl Matthee sy voorsitter in die vereniging is. 

https://data.apptrade.co.za/?ref=1 

[powr-comments id="0bd72d2a_1600344675623"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.