Monnas het 'n paar swaargewigte vir hul bestuurspan vir 2021 nader getrek

Written by Hannes Nienaber

Logo-_Final School of Rugby | Monnas het 'n paar swaargewigte vir hul bestuurspan vir 2021 nader getrek - School of RugbyDie Hoërskool Monument van Krugersdorp het só paar swaar gewigte nader getrek om die Witbulle se bestuurspan vir hul 100ste bestaansjaar in 2021 te versterk.

Monnas se hoof van rugby, Tjaart van der Walt, sal steeds die sweep as hoofafrigter klap. Die voormalige provinsiale speler Ethienne Reynecke sal onderskeidelik as verdediging- en kontakvaardige-konsultant by die span betrokke wees. 

Reynecke is 'n ervare speler op seniorvlak wat in sy speeldae vir die Goue Leeus, Vrystaat, Griffons, Westelike Provinsie, Stormers, Saracens, Connact en Pau as haker uitgedraf het. En hakers van uit Springs kan mos maar net kliphard wees. Reynecke het hier aan die Hoërskool Hugenote gematrikuleer. 

"Ethienne bring ongelooflike kennis van die afbreekpunte asook kontaksituasies van die spel na ons bestuurspan. Hy is ook nou vertroud met die huidige tendense in wêreldrugby en die seuns sal baie by hom kan leer," het Van der Walt gesê. 

Reynecke se lewensverhaal behoort ook die seuns aan te spoor. Die dood het drie keer aan sy deur in 2018 kom klop toe hy 'n beroerte gehad het, sy milt gebars het asook 'n skoot teen die agterkop oorleef het. Hy het boonop so hard teruggeveg dat hy die huidige Suid-Afrikaanse ligswaargewig amateur-kampioen in gemengde gevegkuns (MMA).

WernervandenBerg School of Rugby | Monnas het 'n paar swaargewigte vir hul bestuurspan vir 2021 nader getrek - School of RugbyWerner van den Berg is nader getrek om die Wit Bulle se voorspelers te brei. Van den Berg het lank die skool se o.16-span afgerig. Hy is boonop 'n oud-Monumentaar wat in 'n ongelooflike 84 wedstryde vir die Wit Bulle uitgedraf het. In 1998 was hy die skool se eerstespan se kaptein ook. 

Die Wit Bulle se spanbestuurder sal die welbekende in skolekringe Wynand Moolman wees. Moolman het self al die leisels as eerstespan afrigter by Monnas vasgehou en sal presies weet hoe om die afrigtingspan se probleme minder te maak. 

Dr. Jano de Beer sal op sy 275 wedstryde as die Wit Bulle se spandokter voortbou. Hy het self ook in 42 wedstryde vir die skool van Krugersdorp se eerstespan uitgedraf. De Beer is al sedert 2008 as spandokter by die Wit Bulle betrokke. 

Die Wit Bulle se fiksheid sal weer soos die geval sedert 2013 in die hande van Jan van Rooyen rus. Sedert hy as kondisionering-spesialis by die span betrokke is het hy 101 seges uit 132 wedstryde behaal. Van Rooyen was voorheen ook by Hans Strijdom van Naboomspruit betrokke. 

Gepraat van die Hansies - Monument sal volgende jaar vir die eerste keer sedert 1997 met al sy spanne teen Grey-kollege van Bloemfontein in 'n interskole betrokke wees. Die Hansies sal op daardie dag ook aan die interskole deelneem om seker te maak al Grey se spanne het wedstryde. 

Hans Strijdom se nuwe hoof, Rinus de Jager, was natuurlik adjunkhoof by Monnas voordat hy die pos in Naboomspruit opgeneem het. 

"Ons is baie opgewonde oor volgende jaar en ek glo ons het 'n sterk bestuurspan waar ons elkeen bymekaar iets kan leer," het Van der Walt gesê.

Van der Walt spog natuurlik met vier Virsekerbeker/Beeldtrofees agter sy naam na hy Garsfontein in 2015 en 2016 asook Monument in 2017 en 2018 tot die titels gebrei het.  

[powr-comments id="c894470d_1600243883929"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.