Affies volgende jaar die gasheer van die Noord/Suid-toernooi

Written by Hannes Nienaber

NoordSuid2021 School of Rugby | Affies volgende jaar die gasheer van die Noord/Suid-toernooi - School of RugbyDie sewende Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi sal volgende jaar deur die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria in die Jakarandastad aangebied word. Die toernooi sal volgende jaar van 26 tot 30 Maart plaasvind. 

Die datums van die toernooi is wel onderhewig aan verandering. Die Departement van Basiese Onderwys moet nog sy datums vir 2021 se kwartale nog aankondig. Die Noord/Suid-toernooi is ongetwyfeld een van die belangrikste skolerugbytoernooie in Suid-Afrika. Meeste van die land se voorste skolespanne trek jaarliks op die toernooi saam.  

Affies het vanjaar se 100ste bestaansjaar gevier, maar die skool sal volgende jaar 'n eeu van Affie-rugby gedenk met dié toernooi. Die skool sou vanjaar die Wêreld Skolefees aangebied het, maar die Coronavirus pandemie het 'n stokkie daarvoor gesteek. 

Affies se Wit Bulle sal tydens die toernooi teen Oakdale Landbou en Welkom Gimnasium kragte meet. Die kragmeting tussen Paarl Gimnasium en Garsfontein lewer altyd meer as genoeg opwinding op. 

Die Garsies kom in hul tweede wedstryd teen Oakdale Landbou te staan. Die land se voorste skolespan, Grey-kollege, kom in sy twee kragmeting in Pretoria teen Menlopark en EG Jansen te staan. 

Die Noord/Suid-toernooi sou vanjaar deur Waterkloof aangebied geword het. Die Klofies kom volgende jaar teen Duineveld en Durbanville in sy twee wedstryde te staan. 

Paarl Boishaai sal teen die twee sterkste spanne vanuit Krugersdorp, Monument en Noordheuwel, te staan kom. Monnas vier boonop volgende jaar ook hulle 100ste bestaansjaar. 

Die bepalings is: 

Wedstryd 1 

Affies vs Oakdale Landbou
EG Jansen vs Welkom Gimnasium
Paarl Gimnasium vs Garsfontein
Helpmekaar-kollege vs Outeniqua
Stellenberg vs HTS Middelburg
Grey-kollege vs Menlopark
Monument vs Hoër Jongenskool Paarl
Noordheuwel vs Durbanville
Waterkloof vs Duineveld

Wedstryd 2 

Affies vs Welkom Gimnasium
Grey-kollege vs EG Jansen
Garsfontein vs Oakdale Landbou
Paarl Gimnasium vs Helpmekaar-kollege
Duineveld vs HTS Middelburg
Outeniqua vs Menlopark
Monument vs Stellenberg
Hoër Jongenskool Paarl vs Noordheuwel
Waterkloof vs Durbanville

[powr-comments id="15bdcc84_1595846584522"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.