Wildeklawer het soos gewoonlik 'n paar liplekker tweestryde vir 2021

Written by Hannes Nienaber

AbsaWildeklawer School of Rugby | Wildeklawer het soos gewoonlik 'n paar liplekker tweestryde vir 2021  - School of Rugby'n Mens hoef nie eers uitgehonger vir skolerugby te wees soos die geval vanjaar is, om reeds so bietjie te kwyl oor die Wildeklawer-toernooi se bepalings van volgende jaar nie. Die toernooi sal van 23 tot 26 April 2021 by die Hoërskool Diamantveld in Kimberley aangebied word. 

Die hoofmaal op die laaste dag behoort die kragmeting tussen Grey-kollege van Bloemfontein en Paarl Gimnasium te wees. Die twee spanne sou mekaar ook vanjaar op Wildeklawer die stryd aangesê het. Albei sou vanjaar bulspanne in die veld gestoot het. 

Die toernooi sal soos vanjaar ook die plan was, voor Covid-19 'n stokkie daarvoor gesteek het, met 'n stryd tussen die Hoër Jongenskool Paarl en die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria op die Vrydag onder Diamonds se spreiligte afgeskop word. Die wedstryd sou vanjaar 'n bietjie meer gewig gedra het, met Affies wat hul 100ste bestaansjaar vier. 

Monument, wat volgende jaar sy 100ste bestaansjaar vier, sal in sy twee wedstryde in die Diamantstad teen die twee kragte vanuit die Suidwestelike Distrikte, Outeniqua en Oakdale Landbou, te staan kom. Affies se tweede wedstryd teen Paul Roos Gimnasium behoort ook vir een van die hoogtepunte tydens die toernooi te sorg. 

Die gasheer, Diamantveld, kom in sy twee wedstryde teen Waterkloof en Outeniqua te staan. Garsfontein se Turkoois Bere kom in sy eerste wedstryd teen Glenwood te staan, terwyl hy die Maandag teen Stellenberg se #JadeBrigade te staan sal kom. 

Die bepalings is: 

Vrydag, 23 Mei 2021 

Hoër Jongenskool Paarl vs Affies

Saterdag, 24 April 2021 

Monument vs Outeniqua
Glenwood vs Garsfontein
Grey College vs Boland Landbou
HTS Drostdy vs Welkom Gimnasium
Diamantveld vs Waterkloof
Paarl Gimnasium vs Framesby
Oakdale Landbou vs Menlopark
Paul Roos Gimnasium vs Helpmekaar
Stellenberg vs Noord-Kaap

Maandag, 26 April 2021

Grey College vs Paarl Gimnasium
Affies vs Paul Roos Gimnasium
Paarl Boys' High vs Glenwood 
Monument vs Oakdale Landbou
Garsfontein vs Stellenberg
Menlopark vs HTS Drostdy
Diamantveld vs Outeniqua
Framesby vs Welkom Gimnasium
Boland Landbou vs Waterkloof
Helpmekaar vs Noord-Kaap

[powr-comments id="fcacb4df_1593771944844"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.